On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Oosthuizen deel van VS-herbouproses

───   09:35 Sun, 20 Jul 2008

Oosthuizen deel van VS-herbouproses | News Article

Hendrik Cronjé

Bloemfontein. - Naka Drotské praat min oor sy herbouproses.

Drotské is nie 'n rugbyafrigter met klomp verskonings nie en daarom praat hy nie oor sy herbouproses van Vrystaat-rugby nie. Hy doen eerder stil-stil sy ding en 'n mens kan eers verwag dat hy oor sy herbouproses sal praat wanneer sy prentjie voltooi is.

Een van die name wat nog min genoem is, maar binnekort 'n gunsteling in die Huis van Oranje kan word, is Coenie Oosthuizen (stut). Die voormalige SA skole vaskopstut is op 'n intensiewe oefenprogram van die Cheetahs en Drotské sê "hy kan oor so 'n week beskikbaar wees."

Dit is uitstekende nuus aangesien goeie stutte baie skaars is. En dit is welbekend dat Phillip Lemmer en Ronnie Uys as stutte nie deel van die Cheetahs se toekomsplanne is nie. Oosthuizen het die vermoë om eendag die Bokke te verteenwoordig, maar dan sal hy sy kop moet reg instel. 

Net om perspektief oor die herbouproses te gee - dui ons vir julle die spelers in hakies aan wat nie meer beskikbaar is nie  - met die spelers in bold wat nog almal in Drotské se herbouproses kan tel:

Heelagter: Bevin Fortuin, Herman Pretorius, Wilton Pietersen, Hennie Daniller. (Philip Burger - Perpignan).

Vleuels: Eddie Fredericks, Howard Noble, Giscard Pieters, Fabian Juries, Jongi Nokwe, Pietersen. (Gavin Passens - Wildeklawer-Griekwas).

Senters: Meyer Bosman, Robert Ebersohn, Phillip Snyman, Hendrik Meyer, JW Jonker. (Marius Joubert - Clermont, Barry Goodes - oorsee).

Losskakels: Jacques-Louis Potgieter, Chris Rossouw, Sias Ebersohn. (Willem de Waal - WP).

Skrumskakels: Tewis de Bruyn, Jandre Blom, Neil Powell. (Falie Oelschig - Stade Francais, Michael Claassens - Bath).

Agtstemanne: Schalk van der Merwe, Duanne Vermeulen, Kabamba Floors, Ashley Johnson. (Darron Nell - Castres, Ryno van der Merwe - SWD).

Flanke: Hendro Scholtz, Juan Smith, Heinrich Brussow, Floors, Vermeulen. (Bian Vermaak - oorsee).

Slotte: Flip van der Merwe, David de Villiers, Barend Pieterse, Izak van der Westhuizen. (Rory Duncan - oorsee, Corniel van Zyl - Treviso).

Stutte: Wian du Preez, Kobus Calldo, Phillip Lemmer, Ronnie Uys, Drew van Coller, Kevin Stevens, Coenie Oosthuizen. (Os du Randt - uitgetree, Ollie le Roux, Jannie du Plessis - Sharks).

Hakers: Adriaan Strauss, Richardt Strauss, PW van Vuuren (Jaco du Toit - hy gaan oor twee weke oorsee).

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.