On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Brics-beraad ‘suksesvol aangebied’, sê Pandor

───   12:31 Sat, 26 Aug 2023

Brics-beraad ‘suksesvol aangebied’, sê Pandor | News Article
Naledi Pandor het Suid-Afrika as gasheer van die Brics-beraad geprys. Foto: Twitter

“Welgedaan, Suid-Afrika, met die 15de Brics-beraad wat so goed aangebied is."

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, het Suid-Afrika vandeesweek as die gasheer van die Brics-beraad geloof en dit as 'n reuse-sukses geprys.

Die beraad is van Dinsdag tot Donderdag in Sandton, Johannesburg, gehou waar die vyf Brics-lande van opkomende ekonomieë – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika – maniere bespreek het om handel tussen lidlande te verbeter en 'n nuwe wêreldorde aan te spreek. 


Die beraad het meer as 60 staatshoofde betrek, met die Russiese president Wladimir Poetin wat dit aanlyn bygewoon het. Dit was weens die Internasionale Strafhof (ICC) se lasbrief vir sy inhegtenisname vir sy beweerde oorlogsmisdade wat verband hou met die oorlog in die Oekraïne.


“Welgedaan, Suid-Afrika, met die 15de Brics-beraad wat so goed aangebied is," het Pandor Vrydag tydens gesprekvoering met Ubuntu Radio gesê.

Pandor het gesê die fokus is nou op die toekoms van Brics met Suid-Afrika as voorsitter tot Desember.


“Ons het ooreengekom om meer sektorale liggame te stig, een van hulle is die Women’s Business Alliance, wat aan die beraad verslag gedoen het, en die jeugraad, wat geskep is.

“Ons kyk nie vir nou net na Brics nie, maar na die toekomstige Brics, en die teenwoordigheid van daardie jongmense bevestig dat hierdie forum 'n vooruitstrewende benadering het.”

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.