Agri Hour
Koue weerstoestande voordelig vir die kersiebedryf─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:15 Thu, 11 Jun 2020

Die verwagte kouefront, wat reeds sy kloue met 'n stewige greep in die Wes-Kaap en Oos-Kaap ingeslaan het, en na verwagting die sentrale binneland vandag tref, kan voordelig wees veral in winterreënvalgebiede waar die droogte sy tol geëis het.
Dit sluit gebiede soos die Wes-Kaap en ook gedeeltes van die Noord-Kaap in. Die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, sê koue toestande hou voordele in vir sekere bedrywe. Hy sê veral die kersiebedryf kan daarby baat. Dit nadat kersieboere nie verlede jaar optimale kersieproduksie-omstandighede kon bereik nie. Daarmee saam sal kleinveeboere egter 'n plan moet maak teen die erge koue, wat tog 'n impak op hul diere kan hê. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Laubscher sê in somergewasproduksie-gebiede van die land verloop die stroopproses goed. Dit kom nadat mielielande té nat was om met dié proses te begin, maar dit is egter nou goed op dreef veral in die sentrale binneland. 'n Groot gedeelte van vanjaar se sonneblom- en sojaboon-oeste is reeds gestroop. Hy sê in geheel is dit nou noodsaaklik dat die stroop van somergraangewasse spoedig afgehandel word, sodat boere se kontantvloei kan herstel.
Dit is ook bemoedigend dat die prys van vleis weer sy kop begin optel.
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, slegs op die Agri-Uur. Om weer na dié insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en the Agri-Hour. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins, slegs op OFM.
OFM-nuus