On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

#Vrouemaand: Passievolle NK veeboer gryp die lewe aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Tue, 11 Aug 2020

#Vrouemaand: Passievolle NK veeboer gryp die lewe aan | News Article
Hester Maasdorp

'n Toegewyde en hardwerkende veeboer van die plaas Zuurwater in Aggeneys in die Noord-Kaap is 'n vrou van formaat in die landbou.


OFM se Agri-Uur fokus tydens Vrouemaand op die rol van vroue in die landboubedryf. Maasdorp boer met dorperskape, rooikopboerbokke en beeste en al knyp die droogte steeds op haar en haar man, Deon, se plaas, hoop sy steeds dat hulle met goeie reën geseën sal word. Hester tel daarom daagliks haar kop op en boer voort. OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat nou in die derde insetsel van 'n reeks insetsels met Maasdorp ....


Sien onderstaande PODCAST


Hester sê nieteenstaande al die uitdagings in haar boerderye waarvan die droogte die grootste is, staan sy soggens op en dank God vir nog 'n dag en gryp die dag met oorgawe aan. "Ek gryp die dag aan met hande en tande."

Nog voor Hester soggens haar koppie koffie geniet, kyk sy ook by die vensterruit van haar huis uit na haar veekraal en haar diere, stap dan kraal toe om seker te maak alles is in orde. Dit is 'n taak wat verrig moet word, sê dié passievolle Hester. Dit is veral nou van belang, omdat haar bokooie nou lam en sy is daar wanneer die ooie sukkel om te lam. Sy help, want hoewel sy 'n plaaswerker in haar diens het, meen sy dit bly haar verantwoordelikheid om toe te sien dat haar diere versorg word. Sy is betrokke by haar boerdery want as 'n boer moet  'n mens 'n  boerdery passievol benader. Hester glo dit moet geskied met die nodige toewyding, "jy moet liggaam en siel daarin sit." Sy beskou haarself as 'n kommersiële boer wat 'n waardevolle bydrae lewer tot die land se ekonomiese groei. "Daar is mense  wat vanuit 'n boer se veekraal moet leef." Sy  meen daar is min mense wat hul afhanklikheid van boere besef.  


Toekoms in Suid-Afrika vir boere

Hester meen daar is definitief 'n toekoms in die land vir boere, al is dit in die droogtetoestande soms baie moelik om te glo. Die droogte se wurggreep verstewig by die dag. Sy sê dit is soos 'n mens wat gewurg word en die "lewe uit 'n mens uit druk".  Dit is die geval met die wurggreep van die droogte op boere veral in die Noord-Kaap en die Namakwa-gebied.  Hester sê daarmee saam droog boere se geld ook op.

Sy glo die toekoms kan baie beter daarna uitsien vir boere as daar net meer hulp verleen kan word deur die regering, want in die stadium is dit mense, weldoeners en selfs skenkers uit die buiteland wat droogtehulp verleen en veevoer skenk.  Die toekoms van boere in Suid-Afrika kan verseker word deur die heelhartige samewerking, eensgesindheid en liefde wat mense teenoor mekaar toon. 

Dit is nie slegs die droogte wat boere bedreig nie, ook nie roofdiere in die veld nie, maar aanvalle op plase is 'n bedreiging vir boere.  Hester sê dit is faktore wat 'n mens bekommerd maak oor die toekoms van boere op plase, maar sy vertrou steeds op die Here en Sy genade wat groot is.  


OFM-nuus



Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.