On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Agri Hour

John Deere dryf groen revolusie in Afrika

───   05:00 Wed, 26 Aug 2020

Sponsored05:00 Wed, 26 Aug 2020
John Deere dryf groen revolusie in Afrika | News Article

Gerben van Niekerk gesels met Jacques Taylor, besturende direkteur van John Deere in Afrika en die Midde-Ooste.


Hoe sien John Deere sy rol binne groei in Afrika?

Landbou oor die wêreld heen is aan die verander.  Dit sluit ekonomiese veranderinge in. As daar op Afrika gefokus word, was daar ekonomiese groei sedert 2002  met  lande op dié vasteland se Bruto Binnelandse Produk (BBP) wat 'n groeikoers van meer as 4% jaarliks getoon het. Dit is nou tot 2013.   Daarmee saam moet kosproduksie in die wêreld met 40% toeneem in die volgende 30 jaar.  Grond om gewasse te produseer is ook beskikbaar en dit is waar John Deere 'n belangrike rol speel

John Deere is gekoppel aan diegene wat op die grond bou, dit ontwikkel en verbou.  Dus het ons ‘n groot belang by die uitdaging om meer kos te produseer and ons ontwikkel ons produkte, tegnologie en oplossings juis om die vraag aan te spreek. Met die regte toepassing en beskikbaarheid van meganiese dienste, kan ons meer boere in die produksie kanale en voedsel waardeketting bring.  So ook kan ons oplossings boere help om meer effektief en produktief te boer en dus meer uit hulle huidige operasies te kry.  

Ons visie vir Afrika is om ‘n sentrale rol te speel om Afrika se voedsel produsente in staat te stel om meer kos te produseer, teen ‘n aanvaarbare prys vir die verbruiker, en met die minste impak op die omgewing moontlik.


Ten opsigte van ekonomiese veranderinge in landbou - van John Deere se kant af, wat is van die aspekte wat minder positief is en 'n impak  op julle bedryf het?

Onsekerheid is aan die orde van die dag, en niemand kan voorspel wat in die toekoms gaan gebeur nie. 'n Mens kan jouself net voorberei om aanpasbaar te wees en relevant te bly in ‘n ewige veranderende omgewing.  Onsekerheid het verseker ‘n impak op die aankoopbesluite van produsente en by wie hulle aankoop, en hoe hulle hul toerusting onderhou. Ons het die impak gesien in ons besigheid, maar ook gesien dat baie produsente hulself regmaak vir toenemende pryse wat trekker- en stroper-verkope in Suid Afrika die laaste twee maande aansienlik sien toeneem het.  Die wisselvalligheid in die wisselkoers het ook, as ‘n invoerder en uitvoerder, ‘n groot impak op ons besigheid gehad en ons gedruk om anders te begin dink oor ons besigheid.


Wat is John Deere se strategie ten opsigte van die negatiewe aspekte rondom ekonomiese veranderinge wat in landbou plaasvind?

Soos ek vroeër genoem het, moet ‘n maatskappy homself herontwerp om relevant te bly.  Ons tegnologie bied baie oplossings vir landbou en hoewel dit goedkoper raak met tyd, raak die geleentheidskoste om te wag hoër.  Die implementering van tegnologie om meer effektief en produktief te boer sal boere help om die impak van die koste-knyptang beter te bestuur; die meedeel van data oor verskeie platforms om beter en vinniger besluite te neem; beter tegnologie in produkte om vinniger aanpassings te kan maak en om optimaal benut te kan word; die gebruik van tegnologie om dienste te lewer oor ‘n afstand; en die naspeurbaarheid van klere en voedsel oor die waardeketting heen om aan verbruikers se vereistes te voldoen - is maar net ‘n paar oplossings wat ons tegnologie kan bied.


Wat is John Deere se strategiese benadering ten opsigte van die meer gunstige ekonomiese veranderinge in Afrika?

Afrika is ‘n mark waar ons groot potensiaal sien en het oor jare heen ‘n sterk handelaarsnetwerk in plek gesit om die mark te help ontsluit en groei.  Ons het lande geïdentifiseer waar ons ‘n sterk posisie wil inneem en ook om ons handelsmerk te groei. Hoewel dit baie geduld en harde werk vereis, glo ons steeds om gerat te bly om die baie geleenthede wat Afrika bied, te ontsluit.


Klimaatsverandering dra ook by tot 'n veranderde landbou-omgewing. Dit speel 'n groot rol in julle bedryf  - juis omdat dit 'n rimpeleffek het. Hoe pas John Deere daarby aan?

Ons navorsing en ontwikkeling in ons produkte, asook ons presisie landbou oplossings, fokus juis daarop om die produsent te help om vinniger te werk en sodoende binne die optimale tydvensters te bly.  Ons het sleutelgesprekke gedurende ons Tech Terrain-program en het praktiese voorbeelde genoem van tipes tegnologie wat gepaardgaan met verskillende produkte om nie net staantyd tot ‘n minimum te hou nie, maar ook om vinniger besluite te kan neem en aanpassings in regte-tyd te kan neem. Ons kan selfs data van weerstasies integreer deur ons More Tools opsies in die John Deere Operations Centre wat deur gebruik van die regte deskundiges se raad, die produsent te kan help met van die besluite.  Tegnologie is daar om te help, dit wat John Deere bied, en dit wat ander maatskappye bied wat saam kan werk in ‘n geïntegreerde ekosisteem.


Die mees onlangse verandering, ook in landbou, is sekerlik die Covid-19-pandemie wat 'n stewige greep op lande oor die wêreld heen het. In Afrika, en veral Suid-Afrika, is die pandemie se impak groot op verskeie bedrywe. Word John Deere ook geraak daardeur ondanks die feit dat landbou in Suid-Afrika as 'n noodsaaklike diens te midde van dié pandemie geklassifiseer word?

Ons was gelukkig om in die bedryf van noodsaaklike dienste te wees, en kon ook met hulp van georganiseerde landbou, vinnig die pynpunte aanspreek wat vir ons ‘n struikelblok was.  Ons het onder andere deur die onderhandelinge en gesprekke dit kon regkry dat ons weer skepe met toerusting in Durban-hawe kon inlaat en aflewerings doen deur uitsluitsels oor vervoerpermitte te kry.  Ons het ook intern ‘n reaksiespan wat proaktief gewerk het om seker te maak ons besigheid se deure bly oop om ons dienste aan ons handelaars, en eindelik ons klante te kon aanhou lewer.

In 'n veranderde landboubedryf is tegnologiese vooruitgang en innovasie 'n werklikheid en John Deere is 'n leier op die gebied in terme van die verskaffing van doeltreffende werktuie en tegnologiese oplossings.


Kostedoeltreffendheid en dienslewering is ook vir John Deere van belang. Wat is die uitdagings in dié verband?

Die grootste uitdaging is die gemak en implementering van tegnologie op plaasvlak.  Die Suid Afrikaanse boere neem tegnologie teen ‘n hoë tempo aan, maar ons sien dat ‘n groot aantal nog skrikkerig is om die investering te maak en die tegnologie ten volle in hulle bedrywe in te neem en te implementeer. Ons het ook onder meer op Tech Terrain gesels oor die opleiding wat benodig word om die operateur op hoogte te hou om die toerusting optimaal te benut. So ook sluit dit in ons handelaars se tegnici wat voortdurend deur opleiding gaan om seker te maak hulle kan foutkodes naspoor sowel as diagnose en herstelwerk doen.




Podcasts

John Deere dryf groen revolusie in Afrika:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.