On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Vleispryse lyk goed, maar daar is ‘n tekort aan vee

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 26 Nov 2020

Vleispryse lyk goed, maar daar is ‘n tekort aan vee | News Article
Image: Photoxpress

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingpryse vir lewendehawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê lewendehawe se pryse is gewoonlik die beste hierdie tyd van die jaar, maar hy waarsku dat dit wil voorkom dat die land tans ‘n tekort aan vee het. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R46,33 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R43,77 en speenkalwers oor 250kg het teen R39,07 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste         R27,72 per kg

B-klas beeste         R25,11 per kg

C-klas vet koeie     R24,78 per kg

Maer koeie            Wissel tussen R17,00 en R20,66 per kg

Slagbulle                R25,88 per kg


Skape 

Stoorlammers      R46,21 per kg

Slaglammers        R36,33 per kg

Stoorskape           R33,12 per kg

Vetskape               R31,55 per kg


Bokke 

Lammers              R55,00 per kg

Ooie                      R42,00 per kg

Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

Intussen sê hy “hulle wil nou ‘n ondersoek doen na plaasarbeiders in die Parlement en almal van ons weet dat die gemiddelde plaasarbeider dramaties beter as in die dorp bly”. Derksen voeg by dat hy vind arbeiders se grootste hartseer is dat daar nie meer goeie skole op die platteland is nie.

 

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.