On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Ashmund
Show Background
NEXT: 09:00 - 13:00 The Central SA Top 40 with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Bloemfonteinse atletieklegende sterf op 92-jarige ouderdom

───   10:51 Sun, 21 Jun 2015

Bloemfonteinse atletieklegende sterf op 92-jarige ouderdom | News Article

Bloemfontein - Die Bloemfonteinse atletieklegende en wenner van die hoogspringtitel vir vroue by die Olimpiese Spele in 1952 in Helsinki, Finland, Esther Brand is gister op die rype ouderdom van 92 jaar in Bloemfontein oorlede.

Brand is tot op hede die enigste Suid-Afrikaanse vroue-atleet wat ‘n goue medalje by ‘n Olimpiese Spele kon vermag. Sy het gewen met die destydse skêr-styl met ‘n hoogte van 1,67 meter.
 
Brand, wat tot ‘n paar jaar gelede gereeld diens gedoen het as hoogspringbeampte by atletiekbyeenkomste, se man, Jan Brand, het ook sy Springbokleure verwerf toe hy die land in fietsry by die 1948 Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig het.
 
Rufus Botha/OFM-nuus
 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.