On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

'n Innoverende nuwe brandmerk-metode

───   13:11 Mon, 15 May 2023

Sponsored13:11 Mon, 15 May 2023
'n Innoverende nuwe brandmerk-metode | News Article

Dry Ice 4 Farming het 'n nuwe brandmerk-metode – vriesbrandmerking.

Vir die meeste veeboere is brandmerking ’n noodsaaklike euwel: noodsaaklik omdat dit ’n bewys van eienaarskap is en help om veediefstal te voorkom, en ’n euwel omdat dit traumaties vir die diere is, en die huid (en soms ook die onderliggende vleis) beskadig. Om hierdie dilemma die hoof te bied, bied Dry Ice 4 Farming nou vriesbrandmerking. 

At Lunch se Pulane Nel-Sekepe het met Cynthia Oliver van Dry Ice International gepraat om meer uit te vind.

 

Vriesbrandmerking werk so: die diere word met koue brandysters – verkoel deur ‘n mengsel van isopropielalkohol en droë ys – gebrandmerk, wat veroorsaak dat die koue die haarfollikels se kleurpigmentasie manipuleer. Nuwe natuurlike hare in die gebrandmerkte area groei dan uit met ‘n wit pigment. Die droë ys verlaag die temperatuur van ’n brandyster so drasties dat die aanwending daarvan op geskeerde vel die haarfollikels permanent verander. Dit skep ’n permanente hoëkontras-brand merk, omdat die intense koue die hare se kleurpigmentasie vernietig. Indien verlang, kan die hare permanent verwyder word deur langer toediening van die koue yster – ideaal vir wit diere of dié met ligter pelse. 

Hierdie brandmerkmetode is sagter op die dier se pels en hou verskeie byvoordele in:

  • Identifikasiemerke skaaf nie af of verbleik met tyd nie.
  • Die brandmerke is duidelik sigbaar, selfs van vêr af.
  • Vee kan makliker opgespoor word.
  • Die identifiserende vriesbrandmerke is ideaal vir gebruik in die melkery, en is ’n vereiste vir akkurate melkopnames.

Omdat diere se pels minder op kouer temperature reageer, is die gebruik van 'n koue merkyster vir hulle baie minder traumaties as ’n warm yster, en dus sagter en minder indringend. Net soos die tradisionele metode, verseker dit nog steeds lewenslange sigbaarheid en identifikasie, wat die opsporing van verlore vee makliker maak.Die prosedure neem weliswaar langer om te voltooi as warm brandmerking, en dieprodusent sal moet leer hoe om die gespesialiseerde toerusting te hanteer om dit suksesvol aan te wend. Desnieteenstaande word vriesbrandmerking wyd beskou as die moderne, moreel-aanvaarbare brandmerkmetode, en verkies deur boere vir wie die welvaart van hul diere belangrik is.

As jy meer hieroor te wete wil kom, is daar goeie nuus: Dry Ice 4 Farming is by Graan SA se NAMPO-Oesdag in Bothaville (16 - 19 Mei 2023). Gaan besoek gerus hul stalletjie in die Nutri Feeds Saal (stalletjie 47).

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.