On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Neem datagedrewe besluite in onbestendigheid

───   06:13 Wed, 14 May 2025

Neem datagedrewe besluite in onbestendigheid | News Article
Brendan Jacobs by NAMPO 2025. Foto: OFM

Brendan Jacobs, hoof van landboubesigheid by Standard Bank, vertel hul teenwoordigheid by NAMPO 2025 fokus op hul sterk verbintenis tot landbou-ontwikkeling, met spesiale fokus op transformasie, mentorskap en grensverskuiwende samewerking.

Mentorskap en vaardigheidsontwikkeling

Jacobs verduidelik een van die hoogtepunte van die week is die graduering van die Agribusiness Transformation-program, wat hierdie jaar vir die sesde keer aangebied word in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat en die Vrystaatse Departement van Landbou. 

Hierdie program fokus op die ontwikkeling van opkomende swart boere en bied praktiese ondersteuning, toegang tot markte en finansiële mentorskap. 

“Ons het vanjaar 35 graduandi wat Woensdag hul kwalifikasies gaan ontvang. Dit is vir ons belangrik, aangesien die volhoubaarheid van opkomende boere ’n kernfokus is.”

Afrikawye samewerking en netwerke

Standard Bank is tans in 20 lande in Afrika aktief, met landboupanne in 15 van hierdie lande. Volgens Jacobs het hy en sy span die week die geleentheid om saam met 14 van hul Afrika-kollegas aan ’n spesiale sake-ontbyt by NAMPO deel te neem. 

Hierdie kollegas, wat die week van Johannesburg na NAMPO reis, sal die geleentheid hê om met plaaslike kliënte en bedryfsrolspelers bande te smee en inligting te deel oor markgeleenthede in hul onderskeie lande. “Dit skep ’n waardevolle netwerkgeleentheid en leerplatform vir al ons kollegas.”


Nuwe markte en toekomstige strategieë

In reaksie op vrae oor die uitdagings van huidige marktoestande en tariefveranderinge, sê Jacobs dis belangrik is om nie oorhaastige besluite te neem op grond van onvolledige inligting nie. Hy beklemtoon dat Suid-Afrikaanse uitvoere steeds sterk is, met sowat 41% van landbou-uitvoere wat reeds na Afrika-lande gaan. 

“Ons moet kalm bly, nuwe markte identifiseer, en fokus op die geleenthede wat voorlê.”

Jacobs noem verder Standard Bank se vennootskap met die Chinese ICBC-bank groot geleenthede in die Ooste bied, en dat hy binnekort weer saam met kliënte na China gaan reis om markgeleenthede te ondersoek.


Praktiese raad vir produsente

Vir produsente wat moontlik inkomste verloor weens markverskuiwings, beveel Jacobs aan om op data-gedrewe besluitneming te fokus en nie oorhaastig op negatiewe nuus te reageer nie. 

“Moenie bang wees om vrae te vra en alternatiewe oplossings te oorweeg nie. Werk saam met jou vennote, insluitend banke, om volhoubare strategieë te ontwikkel.”

Netwerkgeleenthede en kliënte-interaksie

Benewens die formele sessies, beklemtoon Jacobs ook die waarde van informele netwerke by Nampo. “Dis net great om hier te wees en met kliënte te gesels wat jy nie noodwendig elke dag sien nie.”

Standard Bank se sterk fokus op mentorskap, markontwikkeling en grenverskuiwende vennootskappe onderstreep hul rol as ’n belangrike speler in die ondersteuning van Suid-Afrika se landboubedryf.

OFM Agri mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.