On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Local News

VS-gesondheid ondersoek beweerde voedselvergiftiging by Aldam-oord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:05 Wed, 09 Mar 2016

VS-gesondheid ondersoek beweerde voedselvergiftiging by Aldam-oord | News Article
OFM News

Bloemfontein - Beamptes van die Departement van Gesondheid in die Vrystaat ondersoek die voorval waarin meer as 80 mense vermoedelik voedselvergiftiging by die Aldam-oord naby Ventersburg opgedoen het.


Provinsiale woordvoerder van gesondheid, Mondli Mvambi, sê 85 mense wat deel was van ‘n groep wat aan ‘n Love Life-spanbousessie deelgeneem het, het Maandagaand sleg begin voel ná aandete. Hy sê van die mense het ook gebraak.

Altesaam 17 mense is na die Bongani- en Katleho-hospitale geneem. Mvambi sê twee mense wie se toestand meer ernstig was, word in die Winburg-hospitaal behandel. Sowat 66 mense is deur dr. Fabian Muller van die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein, in samewerking met paramedici, by die oord behandel.

Muller is per vliegtuig na die toneel gebring. Mvambi sê omgewingsgesondheidspanne ondersoek die oorsaak.

Mvambi kon nie vanoggend die nuutste terugvoer gee oor die pasiënte se welstand nie. Hy het egter gesê die uitslae vanaf die laboratorium sal teen vanmiddag bekend wees.

Provinsiale nood- en ander nooddienste is gistermiddag na die vakansieoord ontbied. ER24 is ook ontbied en het pasiënte aangetref wat van erge maagpyn en braking gekla het. Oordbestuurder, Nehan Ungerer, het gister gesê 'n verklaring sal uitgereik word nadat mediese verslae ontvang is.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.