On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Die plaaslike wolmark verswak met 622 punte

───   05:00 Fri, 19 Jun 2020

Die plaaslike wolmark verswak met 622 punte | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die wolmark het Woensdag tydens die 29ste nasionale wolveiling vir die 2019/20-seisoen in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap 4,2% laer verhandel teenoor verlede week. Daarmee saam is 90,1% van die totale aanbod van meer as 8 000 bale verkoop. Die prys van dié bale was R142,33. Die Australiese EMI het ook 'n afname van 2,7% getoon. Luidens Cape Wools se verslag kan dit toegeskryf word aan onsekerheid in China rakende 'n tweede vlaag van die Covid-19-pandemie wat uitgebreek het. Dit het bygedra tot 'n versigtige benadering deur kopershuise. Die Rand was vandeesweek 3,3% swakker teenoor die Amerikaanse Dollar en het 'n 2,3%-afname teenoor die Euro getoon. Luidens dié verslag was daar steeds goeie mededinging tussen kopershuise vir goeie gehalte merinowol wat aangebied is. Dit het daartoe gelei dat dié tipe wol beter as die markgemiddeld presteer het. 

Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA, Lempriere SA, Modiano SA , en Stucken & Co .

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron-kategorieë goeie, lang kamwoltipes, was: 18,0 mikron wol daal met 2,9% en sluit teen R163,93 per kg. 18,5 mikron woltipes neem af met 4,7% en sluit teen R159,64 per kg. 19 mikron tipes wol verlaag met 2,3% en sluit teen R154,17 per kg, en 19,5 mikron verswak met 4,8% en sluit teen R148,27 per kg. Besoek http://www.ofm.co.za  vir meer skoonwolpryse in die mikron-kategorieë. 

Verder het 20 mikron woltipe met 3,8% gedaal en op R141,54 per kg gesluit, 20,5 mikron was 4,0% swakker en sluit op R142,20/kg; 21,0 mikron verlangsaam met 2,6% en sluit op R139,45/kg; 21,5 mikron het met 3,2% afgeneem en sluit op R142,37/kg; 22 mikron daal 2,5% en sluit op R134,34/kg en 22,5 mikron is 2,7% swakker en sluit op R132,88/kg.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.