Kommer oor vrygelate gevangenes, #plaasaanvalle wat toeneem
CHRISTAL-LIZE MULLER
05:00 Fri, 03 Jul 2020
Kommer oor vrygelate gevangenes, #plaasaanvalle wat toeneem | News Article
FOTO: Vrystaat Landbou (VL)
Die vrylating van 19 000 gevangenes om die risiko van die verspreiding van die Covid-19-pandemie in oorvol tronke te verlaag, kan moontlik bydra tot die skielike toename in aanvalle op plase en kleinhoewes oor die land heen.


Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê volgens dié organisasie se jongste syfers was daar in Junie vanjaar meer as 30 aanvalle op plase regoor die land gewees. Daarvan is vier moorde gepleeg. Esterhyse sê dit kom neer op 'n aanval per dag en in sommige gevalle selfs twee aanvalle per dag. Hy sê die polisie moet nou daadwerklik toetree tot die stryd om landelike gemeenskappe te beveilig. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Esterhuyse meen die vrylating van gevangenes is een van die aspekte wat tot dié styging in aanvalle en misdrywe op plase kan lei. Dit is ook 'n dringende kwessie wat dié organisasie met die polisie se hoofbestuur op nasionale vlak wil bespreek.  Hy sê waaksaamheid sal beslis meer opgeskerp moet word en hoewel daar in terme van samewerking tussen die polisie en boere verskeie suksesverhale is, moet daar nou baie seker gemaak word dat daar nouer samewerking tussen dié betrokkenes is. Die polisie moet nou hulle deel begin doen in terme van plaasaanvalle en voorvalle behoorlik ondersoek. 

Esterhuyse meen die toename in aanvalle op plase en kleinhoewes kan ook toegeskryf word aan die land se struikelende ekonomie en die feit dat boere en hul werknemers nog altyd 'n sagte teiken was. Daarmee saam speel hongersnood, as deel van die swak ekonomie, ook 'n rol, hoewel daar in die meeste aanvalle nie kos gesteel word nie. Wapens en elekroniese ware, asook geld, word in die meeste gevalle deur booswigte gebuit. 

Agri SA gee egter sy versekering dat hy volgehoue druk op die polisie plaas om landelike veiligheid aan te spreek. Dié organisasie sukkel reeds vanaf Februarie om met die polisie se bestuur 'n afspraak te kry, maar in dié stadium is daar faktore soos die Covid-19-pandemie wat dié pogings belemmer. Hy sê daar is hoop dat hulle in die komende twee weke wel met die polisie gaan vergader.  

Esterhuyse maan boere-gemeenskappe ook tot kalmte, veral te midde van uitdagings wat landelike gemeenskappe nou in die oë staar. Dit sluit 'n toename in werkloosheid in. Hy meen daar kan 'n hoër vlak van misdaad op plase verwag word en juis daarom is dit uiters noodsaaklik dat daar noue samewerking is tussen die polisie en georganiseerde landbou.  

Agri SA is ook bewus van Moeketsi Sempe, afdelingskommissaris vir sigbare polisiëring, reeds opdrag gegee het aan onderskeie provinisale kommissarisse, stasiebevelvoerders om landelike beveiliging op te skerp.  

Esterhuyse sê boere se nerwe is dun en dit is te verstane omdat hulle daagliks hul primêre taak, om kos te produseer, verrig en saans verantwoordelikheid moet neem vir hul eie veiligheid. Dit het 'n invloed op kosproduksie en voedselsekerheid in die land. Versterkings deur die polisie is nou noodsaaklik.

"Dit is waar ek baie ontevrede is met die polisie. Die land het 'n uitstekende landelike beveiligingstrategie, wat onlangs hersien en bekendgestel is, maar die instelling daarvan op grondvlak vind nie plaas nie," sê Esterhuyse. Die taakspanne en spesiale ondersoekeenhede van die polisie vir landelike veiligheid is bloot nie in plek nie.


OFM News


Podcasts

:


Related Articles:


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal
Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more