On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Arts

gesub sm Sub asb vir 3 Sept .... Uitstalling van ‘klein skatte’ op Klerksdorp wil kuns toegankliker maak

───   08:00 Thu, 03 Sep 2026

gesub sm  Sub asb vir 3 Sept .... Uitstalling van ‘klein skatte’ op Klerksdorp wil kuns toegankliker maak | News Article
Piepklein kuns sal ’n in Klerksdorpse gallery te sien wees.

Die grootste én kleinste kunsgebeurtenis in Klerksdorp word op 4 September in ’n plaaslike gallery aangebied.

Kunsliefhebbers kan uitsien na ’n unieke kunsavontuur wanneer die B Gallery in Michaelstraat sy Tiny Treasures-uitstalling bekendstel.

Die internasionale kunsneiging maak oorspronklike kuns meer toeganklik en bekostigbaar, terwyl die kleiner werke dit makliker maak om ’n persoonlike kunsversameling, selfs met beperkte muurspasie, op te bou. Die uitstalling sal tot middel Januarie te sien wees.

Die openingsaand op 4 September sluit ’n wynproe met ses wyne van Viso Vintners en gepaardgaande vingerhappies in. Een van die hoogtepunte is die Battle of the Artists, waar drie bekende kunstenaars regstreeks ’n portret van ’n verrassingspersoonlikheid sal skep. Die gaste kies die wenner, met kontantpryse wat deur B-Sure geborg word. Kaartjies kos R350 per persoon.

Op 5 September is daar ’n tweede, gratis openingsaand met wyn en proehappies.

B Gallery se leuse is om Mynstof in Kunsstof te verander – en met hierdie besonderse uitstalling kry Klerksdorpers die kans om dit self te beleef.

Vir meer inligting, kontak B Gallery by 018 462 9155 of besoek hul Facebook-blad. sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.