On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Moontlikheid van nasionale versekeringskema vir SA boere nie slegs ‘n gedagte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:33 Mon, 11 Mar 2019

Moontlikheid van nasionale versekeringskema vir SA boere nie slegs ‘n gedagte | News Article
In die middel is Jannie de Villiers van GSA. FOTO: OFM-nuus

Graan SA (GSA) het by ander lande gaan kers opsteek oor die hantering van die risiko van klimaatsverandering.


Die insluiting van droogtebestandheid in plante se genetika is ‘n moontlikheid en studies daaroor is aan die gang. Daarmee saam is 'n proses aan die gang om die moontlikheid van 'n versekeringskema vir Suid-Afrikaanse boere, wat deur die staat ondersteun word, te ondersoek. 

Dit sal boere in staat stel om ná droogtetoestande steeds te plant.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het verlede week GSA se jaarkongres by Nampo Park naby Bothaville in die Vrystaat bygewoon en met dié kommoditeitsorganisasie se uitvoerende hoofbestuurder, Jannie de Villiers, hieroor en oor ander kwessies in die graanbedryf rondom klimaatsverandering gepraat.



Dit was Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA (GSA). Om na hierdie en ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.