On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

At Lunch

Kontreikuiers: Die Royal Hotel op Bethulie se Anthony Hocking

───   11:28 Wed, 21 Apr 2021

Kontreikuiers: Die Royal Hotel op Bethulie se Anthony Hocking | News Article

Bethulie is 'n bekoorlike dorpie in die Vrystaat en die Royal Hotel is ‘n besonderse gastehuis wat besoekers behoorlik betower.

In Kontreikuiers kuier en klets At Lunch se Cyril Viljoen elke week met kleurvolle en interessante persone regoor sentraal Suid-Afrika.

Vandeesweek kuier Cyril by Anthony Hocking, eienaar van die Royal Hotel op Bethulie.

Danksy Anthony, wat die Royal Hotel in 2005 gekoop het, is die hotel deesdae ’n boek- en geskiedenisliefhebber se droombestemming. Anthony besit sowat 180 000 boeke en ongeveer 80 000 langspeelplate, wat die Royal Hotel se mure van vloer tot dak bedek. Nes die hotel het Anthony ‘n magdom stories van toeka se dae.

In sy gesprek met Cyril deel hy ondermeer oor sy ontmoeting met The Beatles en hoe sy passie vir boeke en langspeelplate begin het. 

Luister na die potgooi hieronder:


Podcasts

Kontreikuiers: Anthony Hocking van Bethulie:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.