Central SA
Vermoorde vrou van NK-polisieman ter ruste gelê─── 06:53 Mon, 13 Dec 2021
Die vermoorde vrou van 'n polisieman op Springbok is die naweek te midde van wye en groot belangstelling ter ruste gelê.
Die 32-jarige Carmen Rossouw was verlede Saterdagoggend deur haar vervreemde man, Bileur "Billy" Hoffmann, doodgeskiet.
Hierna het Hoffmann die 24-jarige Greagnian Julie, 'n familievriend, gewond. OFM-nuus het vroeër berig Julie het Vrydag aan sy wonde beswyk.
LEES MEER: Springbok cop’s shooting victim dies
Nadat Hoffmann die toneel waar hy sy vrou en Julie geskiet het verlaat het, het hy hom buitekant Springbok self met sy dienspistool doodgeskiet. Hy word Saterdag op Concordia begrawe.
OFM-nuus/Isaac Cloete
