On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Olebogeng
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Polisie vind skilpaaie in man se huis tydens klopjag in Rustenburg

───   08:46 Wed, 31 Dec 2025

Polisie vind skilpaaie in man se huis tydens klopjag in Rustenburg | News Article
Drie bergskilpaaie wat tydens ’n klopjag deur die polisie in Rustenburg gevind is. Foto: Facebook/Wildlife Crime Information Network

’n Man (55) van Rustenburg is by sy huis in hegtenis geneem nadat die polisie tydens ’n klopjag ’n versameling skilpaaie in sy besit gevind het.

Hy verskyn eersdaags in die hof op ’n aanklag van die besit van beskermde spesies. Provinsiale polisiewoordvoerder, lt.kol. Sam Tselanyane sê die polisie het inligting oor die skilpaaie ontvang en opgevolg. 

Sy inhegtenisname is een van talle wat uitgevoer is tydens gelyktydige en gesamentlike operasies deur lede van die Mogwase-, Sun City-, Mabeskraal- en Dwarsberg-polisiekantore, asook Rustenburg se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe. Dit vorm deel van die polisie se Operasie Shanela II Veiliger Feesseisoen om die stryd teen misdaad te verskerp.

Foto: Facebook/Wildlife Crime Information Network

Die polisie se visier is veral ingestel op besighede wat onwettig en met nagemaakte goedere handel dryf, die afdwinging van die wet op vuurwapenbeheer, die wet op padverkeerveiligheid en die opsporing van gesoekte verdagtes.

Tydens die operasie is 145 voertuie met altesaam 215 insittendes voorgekeer en deursoek. 

Polisielede besig met patrolliediens. Foto: Facebook/SAPD

Altesaam 49 verkeersboetes van R26 400 is aan bestuurders uitgereik. 20 verdagtes is in hegtenis geneem vir misdade wat wissel van aanranding, verkragting en kwaadwillige saakbeskadiging.

Tydens vuurwapeninspeksies is twee sake geregistreer vir die versuim om vuurwapens veilig in ’n  kluis te bêre. ’n Onwettige immigrant is ook in hegtenis geneem.

Foto: Facebook/SAPD

Almal wat in hegtenis geneem is, sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Die waarnemende provinsiale kommissaris van Noordwes, genl.maj. Ryno Naidoo, het die lede geprys vir hul uitstekende werk en volgehoue toewyding om die veiligheid van gemeenskappe te verseker.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus mvh


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.