On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Polisie warm op spoor van Fochville-plaasaanvallers

───   17:20 Thu, 25 Oct 2012

Polisie warm op spoor van Fochville-plaasaanvallers | News Article
Dane Beisheim

Fochville - Die Gautengse polisie hoop om binne die volgende 48uur twee verdagtes in hegtenis te neem na ’n huisinbraak Dinsdag op ’n plaas naby Fochville.

Noordwes-polisiewoordvoerder Johan Maas sê ’n 74-jarige vrou en haar 38-jarige dogter is op hul plaas in Losberg aangeval.

Hulle is saam met twee werkers vasgebind en in die badkamer gelos nadat hulle erg aangerand is. Die verdagtes het gevlug in die vrou se motor met verskeie van haar persoonlike besittings.

Maas sê ondersoekbeamptes is op die verdagtes se spoor en talle leidrade word opgevolg.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.