On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Local News

Viljoenskroon-leerlinge verskyn vir diefstal

───   07:27 Fri, 14 Jun 2013

Viljoenskroon-leerlinge verskyn vir diefstal | News Article
Viljoenskroon - Sewe leerlinge, wat in hegtenis geneem is in verband met die diefstal van skoolvoorrade in Viljoenskroon, sal vandag in die landdroshof op die dorp verskyn.

Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng het die hoof van Kgabareng Hoërskool die diefstal Maandag aangemeld.

Sewe leerlinge, tussen die ouderdom van 15 en 17, is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat die polisie 'n wenk van die publiek ontvang het.

Die polisie het 42 wetenskaplike sakrekenaars, nege stelle wiskunde-instrumente, 10 kramdrukkers, 48 penne en potlode, liniale, 20 liter vrugtesap en 'n ketel in die verdagtes se besit gevind.

Thakeng het gesê een van die leerlinge is van Kgabareng Hoërskool terwyl die ander van Hoërskool Thabang is.

SAPS verklaring

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.