On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Local News

Interim-studenteraad vir NWU se Mafikeng-kampus nadat SR ontbind word

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:39 Mon, 22 Feb 2016

Interim-studenteraad vir NWU se Mafikeng-kampus nadat SR ontbind word | News Article
File photo

Mahikeng - Die bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) is in die proses om ‘n interim-studenteraad (SR) vir die Mafikeng-kampus aan te wys totdat die amptelike studenteraadverkiesing in Augustus plaasvind.


Dit kom nadat die universiteitsbestuur die kampus se bestaande SR ontbind het. NWU-woordvoerder, Koos Degenaar, sê die nege oorblywende SR-verteenwoordigers is Vrydag ingelig dat die bestaande struktuur ontbind gaan word nadat hulle deelgeneem het aan die onlangse ontwrigtings op kampus. Dit het die registrasieproses en bywoning van klasse beïnvloed.

Die protesoptredes verlede week was teen die NWU se besluit om die SR-voorsitter, Benz Mabengwane, in die begin van die jaar te skors.  

Degenaar sê die grondwet dui duidelik aan dat lidmaatskap van die SR opgeskort sal word as hulle nie hul gewone pligte nakom nie. Daarmee saam het die SR-verteenwoordigers ook ‘n hofinterdik wat duidelik aangedui het dat studente nie aan optogte kan deelneem wat verrigtinge op kampus ontwrig nie. Die verteenwoordigers het aan protesoptogte saam met stundente van ander kampusse deelgeneem. Volgens Degenaar is dit duidelik dat daar ‘n gebrek aan leierskap by die bestaande SR is.

Degenaar sê die SR bestaan uit 12 verteenwoordigers.

Mabengwane is geskors hangende ‘n dissiplinêre verhoor. Hy het glo ‘n rol gespeel in die ontwrigting van die registrasieproses en ‘n klag van aanranding word ook teen hom ondersoek. Mabengwane het verlede jaar twee SR-verteenwoordigers geskors wat versuim het om hul pligte na te kom.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.