On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Grondonteiening sonder vergoeding van meer as 200 stemme goedgekeur

───   14:07 Wed, 05 Dec 2018

Landbounuus-podcast: Grondonteiening sonder vergoeding van meer as 200 stemme goedgekeur | News Article

Hoewel 2018 weens politieke uitdagings dalk een van die moeilikste jare in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse landbou was, het daar in ‘n moeilike omgewing, ook baie positiewe gebeur.


Só sê Gerhard Kriel, uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou. Hy het aan OFM-nuus gesê daar is nog hoop, en dat in 2018 daar op ‘n spesiale manier hande gevat was om die uitdagings te trotseer. OFM Nuus se Corne Greyvenstein doen verlsag.

Intussen het die Nasionale Vergadering die verslag van die Grondwetlike Hersieningskomitee oor grondonteiening sonder vergoeding, met 'n meerderheid van meer as 200 stemme, goedgekeur. In die verslag word aanbeveel dat artikel 25 van die Grondwet gewysig word om vir grondonteining sonder vergoeding voorsiening te maak. OFM Nuus se Cathy Dlodlo berig,  daar was 91 stemme téén die verslag, en 209 ten gunste daarvan.


Die kwartaallikse vertrouens-indeks in die Suid-Afrikaanse landbou, wat deur die landbou-sakekamer Agbiz en die Nywerheids-ontwikkeling-korporasie bereken word, is op sy laagste vlak in nege jaar.

Vanjaar se vierde-kwartaal-indeks staan op 42, die laagste sedert die vierde kwartaal van 2009. Dit het vanaf 54 punte in vanjaar se tweede kwartaal, tot 48 punte in die derde kwartaal afgeneem. Dit word as ‘n teken van moedeloosheid oor sakevooruitsigte deur agri besighede beskou.

EN

Die internasionaal gewilde Buz Kloot is volgende jaar hoofspreker op die jaarlikse konferensies van beide die Ottosdal-bewaringslandbouvereniging en die Riemland-boerevereniging by Reitz in die Vrystaat. Dit word in samewerking met Landbouweekblad aangebied, met Die Riemland-konferensie wat op 11 en 12 Maart gehou word, en die Ottosdal-konferensie op 13 en 14 Maart. Buz is ‘n oud-Namibiër wat onder meer aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer het. Hy praat Afrikaans, is deesdae verbonde aan die Amerikaanse Universiteit van Suid-Carolina en is allerweë bekend vir sy bydrae tot die internasionale beweging om grondgesondheid te bevorder en amptelike bemesting-riglyne daarvolgens aan te pas.


OFM-nuus/Marleen Smith 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.