On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast:Die G4-Meat Master-teel-groep hou hul jaarlikse produksie-veiling

───   14:08 Thu, 06 Dec 2018

Landbounuus-podcast:Die G4-Meat Master-teel-groep hou hul jaarlikse produksie-veiling  | News Article

Planttoestande in groot dele van die somersaaigebied is steeds kritiek.


In die Oos-Vrystaat, waar optimale planttyd eintlik verby is, kon nog bitter min geplant word, en is reën ook dringend nodig. Graan SA berig hoewel boere in die oostelike dele van Suid-Afrika, wat Kwazulu-Natal en Mpumalanga insluit, redelik kon plant, is reën ook nou weer daar dringend nodig vir die nuwe saailinge.

Die G4-Meat Master-teel-groep hou Donderdag, hul jaarlikse produksie-veiling op die plaas Besters-kraal, tussen Kroonstad en Bothaville in die Vrystaat. Tien ramme, 'n honderd ooie - dragtig of met lammers - en sestig ooi-lammers, waarvan die meeste dragtig is, sal aangebied word.

Die afslaer, Simon Hughes, sal die veiling behartig. Meat Master-telers is daarop gesteld dat hul skape in die natuur en op die veld moet presteer - sonder byvoeding, hormone of lekke.

Hulle selekteer ook hul teel-diere op grond van hierdie norm.

EN

 Agri SA sê in ‘n verklaring, onteiening sonder vergoeding sal ‘n spyker in ons ekonomie se doodskis wees. Agri SA sal ook die belange van boere en landelike gemeenskappe in die hof beskerm deur wysiging van die Grondwet se Artikel 25 regsgewys te beveg. Die onlangse besluit deur die Parlement om die verslag hieroor te aanvaar, is nie die finale stap in die proses nie, en daar is tyd en regsmiddels, om dit stop te sit.

Dan Kriek, president van die produsente-organisasie, sê Suid-Afrika staan tans voor ‘n kritieke kruis-pad in sy geskiedenis oor die grondkwessie.

Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende hoof, voeg by, dat dit onnodig is, om Artikel 25 van die Grondwet te verander. As dit wel sou gebeur, sal die nagevolge baie nadelig vir die land wees. Dit sal onder meer grondpryse laat val, wat beide kommersiële en op-komende boere se kans om finansiering vir produksie te kry, in die wiele sal ry.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.