On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ondernemings moet self elektrisiteit kan opwek - Agbiz

───   11:39 Fri, 14 Feb 2020

Landbounuus-podcast: Ondernemings moet self elektrisiteit kan opwek - Agbiz | News Article

Die Landboubesigheidskamer, Agbiz, het die regering versoek om Suid-Afrikaanse ondernemings en huishoudings toe te laat om hul eie elektrisiteit op te wek - te midde van beperkings in aanbod wat die ekonomie tans negatief beïnvloed.


Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, het in antwoord op die staatsrede gisteraand President Cyril Ramaphosa se lof besing oor sy realistiese benadering, veral die klem op inklusiewe ekonomiese groei om die belangrikste uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, die hoof te bied. 'n Sleuteluitdaging wat die president geïdentifiseer het, en wat tot groot kommer in veral die landbou-omgewing lei, is die verslegtende vermoë van die staat, insluitend ondernemings in staatsbesit, om basiese dienste te lewer, het Purchase gesê. Sonder doeltreffende dienste, insluitend alle logistieke dienste, sal dit uiters moeilik wees om die wêreldwye mededingendheid van ons baie waardekettings in die sektor te handhaaf en te verbeter.

Dr Johnny vd Merwe, senior landbou-ekonoom aan die Noordwes Universiteit, gesels vandag oor opwaartse pryse in die vleisbedryf. Daar is sprake van tot soveel as R36 per kg. Die speenkalfpryse is tans geweldig hoog. Die kommer bestaan by verbruikers dat dit moeilik is om by te bly by steeds stygende lewenskostes. Van der Merwe beklemtoon ook hoe belangrik die uitvoermarkte vir produsente is. Daar moet seker gemaak word op alle vlakke dat winsgewendheid in die markplek bestaan. Hy maan ook oor verantwoordelike veilings wat gehou moet word, sodat seker gemaak word dat bek-en-klouseer nie verder sal versprei nie.

EN

Daar is nou groter bewustheid oor standaarde in alle industrieë oor die wêreld heen. Dit sluit die veselbedryf in, veral met betrekking tot volhoubaarheid en naspeurbaarheid wat sterk na die voorgrond tree. Dit is volgens Heinrich Victor, bemarkingsbestuurder van vesel by OVK wat meen verbruikers vereis nou dat die verskaffing van vesel vry is van twyfelagtige praktyke. Hy sê OVK is gerat met die sertifisering van RWS, oftewel, Responsible Wool Standard, en eersdaags ook met die RMS of die Responsible Mohair Standard.




OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Pieter Möller


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.