On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

82,2% van bale tydens laaste wolveiling van seisoen verkoop

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 10 Jun 2022

82,2% van bale tydens laaste wolveiling van seisoen verkoop | News Article
FOTO: OFM-nuus/Nampo (2014).

Daar is gedurende die 34ste wolveiling van die 2021/22-seisoen 10 340 bale aangebied, waarvan 82,2% verkoop is.

Hierdie was ook die laaste wolveiling van die genoemde seisoen. 

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,2% vir nie-RWS, en 1,9% vir RWS wol verswak teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R164,91/kg en R180,07/kg onderskeidelik gesluit.

LEES OOK: #FMD: Wool industry in conversation with China following ban

Hy sê die Rand het 0,9% sterker verhandel teen die VSA Doller en 1,1% sterker teenoor die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.

“Op die OVK veiling is 2 556 bale aangebied, waarvan 85,1% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK veiling, van R241.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CFH van 16.6 mikron, uit die skeersel van JR de Villiers, vanuit die Aliwal-Noord-distrik.

“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.