On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

#FMD: Rolspelers aangemoedig om verantwoordelik op te tree

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 11 Jul 2022

#FMD: Rolspelers aangemoedig om verantwoordelik op te tree | News Article
FOTO: Bloemskou 2016/Sabrina Dean.

Ten spyte van berigte wat daarop dui dat bek-en-klouseer onder beheer is, meen rolspelers in die rooivleisbedryf dat dit steeds algemeen voorkom en 'n wesenlike bedreiging vir die beesvleisbedryf inhou.

Roelie van Reenen, hoof van die Beefmaster-groep se verskaffingsketting, meen alle rolspelers moet saamwerk om dié siekte hok te slaan.

Sien onderstaande PODCAST

Hy is van mening dat bek-en-klouseer steeds versprei omdat die nodige biosekuriteitsmaatreëls nie in plek is nie.

Van Reenen se kommer volg nadat die Vrystaatse Departement van Landbou op 6 Julie 2022 aangekondig het dat drie bek-en-klouseer gevalle in die provinsie bevestig is. Die department sê een positiewe geval is in Marquard aangeteken terwyl twee gevalle in Viljoenskroon aangemeld is.

LEES OOK: Samewerking is nodig om bek-en-klouseer hok te slaan

Alle plase is onder kwarantyn geplaas nadat staatsveeartse in kennis gestel is van moontlike tekens van bek-en-klouseer by die genoemde plase. Die departement sê al hierdie uitbrekings is 'n voortsetting van 'n uitbreking wat die eerste keer in Maart vanjaar aangemeld is wat in Noordwes begin het.

LUR Thembeni Nxangisa doen 'n beroep op die boerderygemeenskap om nie diere te verskuif nie en om versigtig te wees wanneer hulle diere by veilings koop. Nxangisa maan ook boere om waaksaam te bly en enige tekens en simptome wat verdag kan wees by staatsveeartse aan te meld.

LEES OOK: #SakeUur - Opspoorbaarheid en bioveiligheid noodsaaklik vir SA se beesvleisbedryf

Intussen voeg Van Reenen by dat veilings ‘n baie moeilike onderwerp is - een, as gevolg van die wetgewing wat geplaas is oor hoe biosekuriteit op veilings toegepas moet word. Voordat diere bemark word, moet hulle uit ‘n kwarantyn-periode op die plaas kom, deur ‘n veearts ondersoek word, en eers dán na ‘n veiling vervoer word. Ek glo enige koper moet dit vereis.

“Ons kan nie toelaat dat veilings verspreidingspunte is nie. Veilings is ‘n integrale gedeelte van die lewendehawebedryf. Dis van kardinale belang dat veilings beskerm word en dat dit nie net gesien word as verspreidingspunte en daardeur ‘n slegte naam kry nie.”

Van Reenen het voorheen aan OFM-nuus gesê rolspelers soos die Departement van Landbou, die Landbouprodukte-agenteraad (APAC), en die deelnemers in die industrie, moet saamwerk om dieresiektes soos bek-en-klouseer die hoof te bied.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.