On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Kennisgewing deur departement raak ook produsente

───   05:00 Mon, 25 Jul 2022

Kennisgewing deur departement raak ook produsente | News Article

Soos oudergewoonte gesels OFM-nuus se Elsabé Richard-May met Stephan Pietersen, die stigter van Work Accident Support, oor die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.

Pietersen praat in hierdie insetsel oor ‘n algemene kennisgewing wat die Departement van Indiensneming en Arbeid onlangs in die Staatskoerant gepubliseer het.

Sien onderstaande PODCAST

Op 14 Julie 2022 is ‘n algemene kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer deur die Departement van Indiensneming en Arbeid oor die verantwoordelikhede van alle werkgewers, insluitend produsente in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.

LEES OOK: Skep profiel op CompEasy vir voordele

Die kennisgewing mik spesifiek op nakoming en die departement se plan om werkgewers te besoek om oudits te doen op hulle rekords.

Kan jy meer uitbrei oor die kennisgewing wat die departement gepubliseer het?

Die kennisgewing maak melding van die volgende Artikels in die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, naamlik: Artikels (80) (81) (82) (83).

LEES OOK: Produsente moet op die uitkyk wees vir valse inspekteurs

In terme van Artikel (80) van die wet moet alle besighede en natuurlik ook ons produsente wat werk verrig in Suid Afrika, wat meer as een werkernemer het, geregistreerd wees by die Departement van Indiensneming en Arbeid se Vergoedingsfonds en alle besonderhede voorsien.

Die besonderhede is basies inligting soos hoeveel werkers in die besigheid is en die lone wat betaal word. Indien dit ‘n private maatskappy is, moet die besonderhede van die direkteure ook verskaf word.

In terme van die besoeke wat die departement besig is om van stapel te stuur, na watter tipe rekords kyk hulle?

Rekords waarna gekyk word, is in terme van verskeie Arbeidswetgewings naamlik:

  1. Die Wet op beroepsgesondheid en veiligheid;
  2. Vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes;
  3. Basiese diensvoorwaardes;
  4. Werkloosheidsversekering; en
  5. Gelyke indiensneming.

LEES OOK: Maak seker jou boerdery is onder die regte sub-klas geregistreer

Die spesifieke rekords waarna gekyk word, is:

  1. Bevestiging van registrasie by die Vergoedingsfonds en dat die jaarlikse rekening op datum is asook rekords van werksbeserings;
  2. Werkloosheidsverserkering registrasie;
  3. Name en ID-nommers van werkers, asook hulle salaris-adviese en aanstellingskontrakte;
  4. Vir private besighede, die CIPC (Companies and Intellectual Property Commission) se registrasie informasie.

LEES OOK: Die vier sub-klasse van landbou en hul tariewe

Dit is so belangrik dat produsente moet verseker dat al hulle werknemers se dokumentasie op rekord moet wees, veral buitelandse werknemers aangesien produsente en werknemers wat nie die nodige papierwerk besit nie in hegtenis geneem kan word. En dan is daar ook dagvaardings wat uitgereik kan word.

In ons volgende gesprek gaan ons verder kyk na ander artikels waarna die kennisgewing verwys.

Stephan Pietersen, 064-360-2638, support@workaccident.co.za

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.