On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Skep profiel op CompEasy vir voordele

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 18 Jul 2022

Skep profiel op CompEasy vir voordele | News Article

Produsente moet eers ‘n profiel op die Vergoedingsfonds se aanlynstelsel – CompEasy – skep, voordat hulle enige voordele van die fonds kan geniet.

Dit is volgens riglyne deur Stephan Pietersen, die stigter van Work Accident Support, in ‘n poging om produsente by te staan met belangrike inligting rakende die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes. 

Sien onderstaande PODCAST

Wat is van die verdere voordele waarvoor produsente en werkers kan kwalifiseer?

Voor enige produsent kan aansoek doen vir die voordele as gevolg van ‘n werksbesering, moet hy eers ‘n profiel op die CompEasy-stelsel skep.

LEES OOK: Produsente versoek om van vergoedingsfondsvoordele gebruik te maak

Ons het reeds hieroor gepraat, maar ek wil weer eens beklemtoon dat die Departement van Indiensneming en Arbeid in die toekoms nie meer werksbeserings self gaan rapporteer nie aangesien alle besighede dit self moet doen.

So, dis krities dat produsente ‘n profiel op CompEasy moet skep wat hulle dan in staat sal stel om toekomstige beserings aanlyn te rapporteer.

Die voordele hiervan is dat die eisnommer onmiddellik beskikbaar sal wees om aan die dokter te gee.

LEES OOK: Werksbeserings: Wat is 'n vergoedingsfonds se voordele vir werkgewers, werknemers?

Die nadeel is dat wanneer ‘n werksbesering nie so gou as moontlik geregistreer word nie, kan dokters weier om ‘n beseerde te behandel sonder ‘n eisnommer, wat dan die welsyn van die werker kan belemmer.

Daar is drie aspekte van voordele waarna mens kyk:

  • Betalings aan werkers/produsente vir lone en permanente beserings,
  • Mediese betalings aan mediese diensverskaffers, en
  • Die Vergoedingsfonds betaal ook nou beurse aan kinders van pensioenarisse.

Hoe ontvang die Vergoeding sy geld om te betaal vir die voordele?

Jaarliks maak alle besighede in Suid-Afrika betalings aan die fonds. Daar is sowat 950 000 besighede in die land geregistreer.

LEES OOK: Werkbeserings op plase – hier's wat jy moet weet

Gedurende die 2020/21-finansiële jaar is R9,5 miljard aan die Fonds betaal. So, daar is oorgenoeg geld vir produsente om alle werksbeserings te rapporteer en aansoek te doen vir voordele.

Daar is onlangs regulasies goedgekeur vir huishoudelike werkers wat ook nou voordele kan geniet in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, hoe raak dit produsente? 

Private huishoudings moet aansoek doen om as ‘n “Domestic Employer” geregistreer te word en ook jaarliks hulle loonopgawes verklaar en rekeninge betaal.

Die effek op produsente is dat hulle nie nodig het om as “Domestic Employer” te registreer nie, maar hulle kan hulle huishoudelike werkers registreer met hulle gewone werkers.

Huishoudelike werkers sluit ook in ‘n individu wat jou tuin skoon maak of iemand wat na jou kinders kyk teen betaling daarvoor.

Enige laaste woorde oor die voordele? 

Produsente betaal van die hoogste tariewe aan die Vergoedingsfonds om hulle werkers te dek teen werksbeserings. Ek sal produsente sterk aanraai om gebruik te maak van die voordele in terme van die wet.

Maar ek weet daar is baie frustasie wanneer dit kom by dienslewering. Onthou, alle werksbeserings moet gerapporteer word.

Stephan Pietersen, 064-360-2638, support@workaccident.co.za

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.