On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Voorlopige oesskatting vir wintergewasse bekend

───   ELSABÉ RICHARD 13:43 Thu, 28 Jul 2022

Landbounuus-podcast: Voorlopige oesskatting vir wintergewasse bekend | News Article
PHOTO: Photoexpress

Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring beloop 553 900 hektaar, wat 5,81% meer is as die 523 500 hektaar wat verlede seisoen aangeplant is.

Die Nasionale Oesskattingskomitee noem verder in sy jongste verslag vir wintergewasse dat die beraamde oppervlakte wat in die Vrystaat beplant is, 95 000 hektaar is - 25 000 hektaar meer as die 70 000 hektaar wat verlede seisoen aangeplant is. Daarmee saam is die oppervlakte koring beplant in die Noord-Kaap, 37 000 hektaar, wat 1 500 hektaar meer is as die vorige seisoen. Die eerste produksieskatting vir wintergewasse vir 2022 sal op 30 Augustus vrygestel sal word.

Die Universiteit van die Vrystaat het aangekondig dat hy 'n vennootskap met ZZ2 – 'n bekende Suid-Afrikaanse boerdery- en varsproduktemaatskappy - gevorm het. Die universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, verduidelik in 'n verklaring dat die vennootskap die stigting van 'n maatskappy, FreeFarm Innovation, insluit as 'n voertuig vir gekombineerde uitsette van die universiteit en ZZ2 se diverse, maar komplementêre vermoëns, vaardighede en hulpbronne. Volgens Loader is verskeie geleenthede met betrekking tot navorsing, kommersialisering en die verbetering van verskeie landbouprodukte geïdentifiseer en sal dit deel vorm van die bedrywighede van FreeFarm Innovation.

Die Nasionale Departement van Water en Sanitasie se weeklikse verslag vir damme toon dat die land se watervlakke voortdurend afneem. OFM-nuus se Elsabé Richard-May berig die departement sê hierdie week is die algehele bergingskapasiteit van die land se reservoirs op 92,9%, 'n klein margevermindering van verlede week se 93,1%, en 'n aansienlike verbetering van verlede jaar se 82,7%.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik oor toestande wat bevorderlik is vir die ontstaan van wegholveldbrande in dele van die Noord-Kaap, wat Postmasburg, Kathu en Prieska insluit. Die weerdiens sê toestande is van só 'n aard dat die brandgevaarindeks bo 75 is. Onder hierdie toestande kan brande vinnig ontstaan en versprei, wat skade aan eiendom en moontlike verlies van mense- en/of dierelewe tot gevolg het. OFM-nuus het voorheen berig dat weens voortdurende reënval aan die begin van die jaar, wat gelei het tot die beskikbaarheid van groot hoeveelhede brandbare materiaal, word grondeienaars gewaarsku van 'n moontlike aktiewe brandseisoen en dat hulle alle voorsorgmaatreëls in plek moet hê.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.