Agriculture
Hoë vlakke van gereedheid heers weens potensiële veldbrande─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 16 Aug 2022

Augustus-maand is die begin van die hoë risiko veldbrandseisoen, met dagtemperature wat begin styg en die welbekende Augustus-winde wat normaalweg woed.
Volgens die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, is dit ‘n tydperk van paraatheid vir die landbousektor van sentraal Suid-Afrika.
Hy sê ‘n hoë vlak van gereedheid heers tans ten opsigte van potensiële veldbrande.
Sien onderstaande PODCAT
“Ons is baie dankbaar dat die aantal veldbrande en die omvang daarvan minder is in vergelyking met verlede jaar dieselfde tyd.
LEES OOK: Publiek oor veldbrande gewaarsku
“Die Vrystaat is geseënd dat daar nie noemenswaardige groot veldbrande voorgekom het tot op hede nie. Daar was wel ‘n brand by Koffiefontein,” sê Jansen.
Hy deel dat daar sover in die Noord-Kaap heelwat brande in Belmont, Douglas, Marydale, Grobblershoop, Warrenton en Vaalharts voorgekom het.
Die grootste veldbrande het by Severn en Hopetown voorgekom waar onderskeidelik 3 000 en 1 000 hektaar weiveld vernietig is.
LEES OOK: Vrystaatse boer praat oor verlede jaar se verwoestende velbrande op plaas
Jansen sê brande word redelik vinnig onder beheer gebring en dit word toegeskryf aan natter toestande wat vanjaar heers.
“Die noordelike somerreënvalgebiede het ‘n bietjie reën gekry, wat daartoe kan bydra dat die omstandighede so bietjie natter is as verlede jaar hierdie tyd.”
Volgens Jansen is daar meer klem gelê op brandopleiding as voorbereiding vir die brandseisoen. Hy sê brandbestrydingsverenigings het opgeskerp en weer opleiding gekry, en dat brandbestrydingstoerusting aangevul is, danksy die groot bydrae van die GWK.
ALSO READ: Veld #fires in Free State show considerable increase
“ ‘n Groot brandrisiko heers aangrensend tot militêre opleidingsgronde waar militêre oefeninge met lewende ammunisie brande veroorsaak en vinnig uitbrei na aangrensende private plase en weivelde.
“Ons sien dan ook dat die weermag hulle paraatheid ten opsigte van brande opgeskerp het, en dat brandspanne die militêre oefeninge vergesel om brande wat só ontstaan, vinnig aan te spreek.”