On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

2022: Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 23 Dec 2022

2022: Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes  | News Article

Die stigter van Work Accident Support, Stephan Pietersen, deel wat van die belangrike inligting in 2022 was met betrekking tot die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –Siektes.

Die rol van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes, en hoekom dit belangrik is vir produsente om dit na te kom?

Hierdie wet is een van verskeie wette wat werksplekke reguleer. Die wet staan ook bekend as WVBBS/COIDA en bepaal hoe werksbeserings geadministreer moet word.

LEES OOK: Gevolge van nie-nakoming van Vergoedingsfondsregulasies

Pietersen verduidelik verder dat, “Die wet sê ook dat alle besighede in Suid-Afrika, en spesifiek ons produsente, ook geregistreer moet wees om hulle werkers te dek teen werksbeserings. Dit dek enige mediese onkostes wat [daarmee gepaardgaan], en ook enige betalings wat gemaak word ten opsigte van die lone, wat die produsent kan terugeis.”

Die voordele wat beskikbaar is indien produsente hieraan voldoen

Omdat landbou ‘n baie fisiese sektor is, beteken dit dat beserings dikwels plaasvind. Pietersen deel dat produsente beserings binne sewe dae by die Vergoedingsfonds aan moet meld. Die produsent is ook veronderstel om die beseerde werknemer se lone te betaal vir ‘n maksimum van drie maande.

“Die lone wat betaal word aan die beseerde, kan teruggeëis word vanaf die Vergoedingsfonds deur die produsent.

LEES OOK: Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes: Produsente se verantwoordelikhede

“Maar in die geval waar die beseerde se bewering so ernstig is dat sy vinger byvoorbeeld geamputeer word, kan daardie [werknemer] ook kwalifiseer vir wat hulle noem permanente ongeskiktheid vir ‘n sekere persentasie betaling aan hom vanaf die Fonds.”

Pietersen sê verder dat in meer ernstige gevalle wat die werknemer sou sterf, dan kan sy/haar familie – vrou, man of kinders nie ouer as 18 – kwalifiseer vir ‘n pensioen.

Die Vergoedingsfonds sal egter nie geld uitbetaal vir pyn en lyding nie.

Inpeksies op plase en die gevare van die aanstelling van ongedokumenteerde werkers 

Pietersen sê daar was ‘n toemane in inspeksies op plase vanjaar van die Vergoedingsfonds asook die Departement van Arbeid en Indiensneming.

“Hulle het heelwat inspekteurs aangestel die laaste jaar. So, daar is verskillende aspekte waarna gekyk word. Die mees onlangse aspek wat deur die Direkteur-Generaal van die arbeid-departement geteken is, is oudit-inspeksies.

LEES OOK: Voordele van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes

“Hulle wil seker maak dat die lone wat verklaar word elke jaar, deur enige besigheid, dat dit die werklike lone is. So, hulle soek finansiële state om te sien alles is korrek.”

Ander regeringsdepartemente is ook by inspeksies betrokke, soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Pietersen waarsku dat produsente nie buitelandse werkers in diens neem as hulle nie die nodige dokumentasie besit om in Suid-Afrika te werk nie. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.