On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Ondersoek na varsproduktemark van stapel gestuur

───   ELSABÉ RICHARD 07:25 Wed, 29 Mar 2023

Ondersoek na varsproduktemark van stapel gestuur | News Article
FOTO: Alesia Kozik (https://www.pexels.com/photo/a-person-holding-freshly-cut-fruit-7343177/)

Die varsproduktemark was die afgelope tyd in die kollig weens ’n ondersoek wat deur die Mededingingskommissie van stapel gestuur is.

Die doel is om kenmerke of 'n kombinasie van kenmerke te identifiseer wat mededinging en deelname aan die varsproduktewaardeketting inhibeer of verwring.

Kommissaris Doris Tshepe het tydens die bekendstelling in Pretoria gesê waar daar kwessies van mededinging en/of openbare belang is, sal die ondersoek aanbevelings verskaf om mededinging te bevorder en billike en betekenisvolle deelname aan die waardeketting te verseker tot voordeel van alle belanghebbendes, sowel as verbruikers.

Volgens Tshepe is landbou 'n belangrike bydraer tot die ekonomie en daarom is die ondersoek krities. 

LEES OOK: #Covid19: Gemmerpryse styg weens aanvraag

Die mededingingskommissie het veral klagtes oor uiterse hoë pryse vir produkte gedurende die coronavirus-pandemie vanaf die publiek ontvang.

Een voorbeeld hiervan was gemmerpryse wat die hoogte ingeskiet het met 'n kilogram (kg) wat tot soveel as R300 gekos het. Pryse het sedertdien afgeneem tot sowat R30/kg.

Die Kommissie het drie temas geïdentifiseer wat die hele varsproduktewaardeketting dek:

  • Doeltreffendheid van die waardeketting, met die klem op die dinamika rondom varsproduktemarkgeriewe;
  • markdinamika van sleutelinsette en hul impak op produsente; en
  • hindernisse vir toetrede, uitbreiding en deelname.

LEES OOK: Mededingingskommissie begin ondersoek na varsproduktemark

Die kommissie het in Maart 2022 die ondersoek ingedien en die dokument is in die Staatskoerant gepubliseer wat die terme van verwysing is wat hulle wil gebruik om die waardeketting waarin landbou-agente hulself bevind te ondersoek.

Francois Knowles, die registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad (APAC), het destyds met OFM-nuus gedeel dat die raad die ondersoek verwelkom.

Knowles het gesê die kommissie ondersoek ook die regering se pogings om kleinskaalse boere te ondersteun, sowel as die uitdagings wat die varsprodukteboere in die gesig staar, veral opkomende en kleinskaalse boere.

“APAC bestudeer die opdrag vervat in die ondersoek in oorleg met sy regsadviseurs en in die mate wat hy dit nodig ag om dit te doen, sal hy sy voorleggings aan die Mededingingskommissie maak in ooreenstemming met die bepalings uiteengesit in paragraaf 1.2 van die opdrag, saamgelees met artikel 43B van die Mededingingswet.

“APAC sal alles in sy vermoë doen om konteks (en 'n volle begrip) te gee aan die kritieke rol van varsprodukte-agente in die landbouwaardeketting en hoe dit onder die APA-wet gereguleer word,” verseker Knowles in ‘n verklaring.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.