Agriculture
LUR gee terugvoering oor waarnemings, intervensies gedurende 100 dae─── ELSABÉ RICHARD 08:32 Wed, 28 Jun 2023
Die LUR van die Departement van Landbou in die Vrystaat het 100 dae in sy amp bereik.
LUR Saki Mokoena het Dinsdag 'n media-inligtingsessie gehou waar hy gedeel het wat hy tydens sy eerste 100 dae as LUR waargeneem en bereik het.
Hy het die leisels by die voormalige LUR van Landbou, William Bulwane, oorgeneem.
Volgens Mokoena kon meer gedoen gewees het tydens sy eerste 100 dae in sy amp. Hy het egter beklemtoon dat daar baie kwessies in die provinsie se landbousektor is wat aangespreek moet word en dit kan tyd neem om op te los.
LEES OOK: Landbou, die slagaar van Vrystaatse ekonomie
Een van die waarnemings wat Mokoena gemaak het, is die verhoudings tussen produsente, hul werkers en plaasbewoners.
"Verhoudings is besig om in duie te stort tussen die plaaswerkers, boere en plaasbewoners ... Ons het belowe om 'n span in plek te hê wat sal help om hierdie produktiewe verhoudings wat ons sal benodig te konsolideer ..."
Ander kwessies wat aangespreek moet word, is die teel van vee in meentgronde.
"Ons poog om in te gryp en te verseker dat daar 'n behoorlike teelprogram is sodat hulle die volle waarde van hulle vee kan besef."
Luister na die volle toespraak hier:
