On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

‘Dagtemperature behoort deur die loop van die week te herstel’

───   ELSABÉ RICHARD 08:12 Wed, 12 Jul 2023

‘Dagtemperature behoort deur die loop van die week te herstel’ | News Article
FOTO: Rachel/Pexels

Die kwik het die laaste dae op talle plekke by -5 °C gaan draai.

’n Onafhanklike landbouweerkundige Johan van den Berg sê dagtemperature behoort deur die loop van die week te verbeter. Nagtemperature sal egter steeds redelik laag bly.

LEES OOK: Dit sneeu, bevestig die SA Weerdiens – VIDEO’S, FOTO’S

'n Volgende frontale stelsel sal na verwagting vanaf 17 Julie voorkom. "Op hierdie stadium lyk dit nie of dit weer gaan sneeu nie, maar dat daar weer koue toestande gaan voorkom met reën wat weer oor die Wes-Kaap gaan val."

Sneeu het ook oor dele van Suid-Afrika geval, insluitende Gauteng en plek-plek in die Vrystaat.

Die huidige koue toestande kan ’n nadelige uitwerking op vee en kwesbare gewasse hê. Die bibberweer kan ook die skeer van skape verder vertraag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku boere moet in die koue maande voldoende beskutting vir hul kleinvee voorsien, asook genoeg kos en water om hul gesondheid en welsyn te beskerm.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.