On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Wildvleisstrategie poog om bedryf te ontwikkel, uit te brei

───   ELSABÉ RICHARD 15:30 Mon, 20 Nov 2023

Wildvleisstrategie poog om bedryf te ontwikkel, uit te brei  | News Article
Foto deur Balazs Simon/Pexels.

"Die visie van die strategie is duidelik: om 'n geformaliseerde en getransformeerde wildvleisbedryf in Suid-Afrika te vestig wat florerende landelike ekonomieë en die natuur ondersteun."

Der duisende werkgeleenthede kan geskep word deur die wildvleisstrategie, ook sal dit die bedryf formaliseer en revolusioneer.

Só sê die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing, nadat hy die strategie in die Staatskoerant gepubliseer het.

Wildvleis sluit in springbok, koedoe en wildebees. Hoewel volstruisvleis wildvleis is, word dit hoofsaaklik deur konvensionele veeboerderymetodes geproduseer in Oudtshoorn in die Wes-Kaap.

Minister Barbara Creecy sê die primêre doelwit van die strategie is om voedselsekerheid in die land te verbeter deur die wildvleissektor te versterk. 

Boonop stel dit die sektor voor, nie net as 'n bydraer tot voedselsekerheid nie, maar ook as 'n ekonomiese kragbron wat in staat is om werkgeleenthede te genereer.

‘Die strategie poog om 203 000 werkgeleenthede te skep’

"Die visie van die strategie is duidelik: om 'n geformaliseerde en getransformeerde wildvleisbedryf in Suid-Afrika te vestig wat florerende landelike ekonomieë en die natuur ondersteun. 

"Terselfdertyd het dit ten doel om by te dra tot voedselsekerheid, inklusiewe sosio-ekonomiese groei te bevorder, bewaring te bevorder, volhoubare gebruik van biodiversiteit te verseker en omgewingsrisiko's te versag," sê Creecy.

’Suid-Afrika lei die Afrika-vasteland in wildvleisproduksie’

Die wildvleisstrategie benodig samewerking tussen:

  • drie sfere van regering,
  • gemeenskappe, 
  • leiers, 
  • nieregeringsorganisasies, 
  • die private sektor, 
  • befondsers (plaaslik en internasionaal), en 
  • akademiese en navorsingsinstellings. 

"Deur hierdie vennootskappe word verwag dat effektiewe implementering van die strategie nie net ekonomiese en omgewingsuitdagings sal aanpak nie, maar ook sosiale kwessies soos armoede, soönotiese siektes, klimaatsverandering en voedselonsekerheid. 

Hierdie kollektiewe poging het ten doel om die Suid-Afrikaanse bevolking te bevoordeel, terwyl die bewaring en volhoubare gebruik van die land se biodiversiteit bevorder word," sê Creecy.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May         Daphné



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.