On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Senwes presteer ongeag landbou-uitdagings

───   13:27 Mon, 08 Jul 2024

Senwes presteer ongeag landbou-uitdagings  | News Article
Francois Strydom, uitvoerende hoof van Senwes. Foto verskaf

“Ondanks negatiewe toestande, kon die Senwes Groep daarin slaag om die tweede beste resultate in die groep se bestaan aan te kondig.”

Soos voorspel is die tweede helfte van die jaar deur somerdroogte en uiters hoë temperature weens die El Niño-verskynsel gekenmerk. Die groep kon egter steeds daarin slaag om sterk en veerkragtige resultate te lewer vir die finansiële jaar tot 30 April 2024.

“Ons is trots daarop om steeds meer waarde aan al ons belanghebbendes te kon toevoeg met die tweede beste resultate in Senwes se 115-jarige bestaan,” sê Carl Klingenberg, Senwes Groep se finansiële hoof beampte. 

‘Spesiale dividend van 50 sent per aandeel is verklaar’ 

’n Inkomste van R14 684 miljoen (styging van 7,6%), wins na belasting toeskryfbaar aan aandeelhouers van die maatskappy van R855 miljoen en ’n genormaliseerde wesensverdienste van 484,3 sent per aandeel is realiseer.

“Met inagneming van die bevredigende finansiële resultate, ’n gesonde balansstaat sowel as toekomstige verdienste en vooruitsigte op kontantgenerering, het die raad van direkteure ’n  finale dividend van 50 sent per aandeel, asook ‘n spesiale dividend van 50 sent per aandeel verklaar,” sê Klingenberg.

Dividende verklaar vir die jaar is 13,6% hoër as die vorige tydperk en aandele ter waarde van R229 miljoen is teruggekoop.

“Ons tien jaar gefokusde en deurlopende strategie sal nog meer op die belangrikheid van akkurate kapitaaltoewysings fokus en om hierdie toewysings in ooreenstemming met ons strategie te bring,” sê Francois Strydom, Senwes Groep se uitvoerende hoof. 

“Ons is dankbaar dat ons negatiewe toestande kon uitpresteer, of dit nou ekonomiese faktore was wat deur beurtkrag of die onsekerheid rondom die verkiesing veroorsaak is, of weerstoestande waaroor ons nie beheer het nie.”

‘Marges is reeds onder druk’ 

Strydom het sy dankbaarheid betuig vir die genade wat die groep deurentyd ontvang, asook vir die rol wat elke belanghebbende in die Senwes Groep speel, al word daar verwag dat die volgende finansiële tydperk aansienlik moeiliker sal wees met marges wat reeds onder druk is. 

“Die groep sal voortgaan om die terugkoopprogram te oorweeg en is ontvanklik vir moontlike beleggingsgeleenthede, sou so ’n geleentheid hom voordoen. Ons sal ook in die volgende finansiële tydperk voortgaan om steeds die produsent op sy plaaspad te ontmoet.”

OFM Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.