On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Uitsonderlike regsdenker in nuwe dierewelsynrol

───   ISABEL VAN TONDER 13:00 Wed, 01 Oct 2025

Uitsonderlike regsdenker in nuwe dierewelsynrol | News Article
Minister John Steenhuisen het advokaat Karrisha Pillay SC aangestel tot die nasionale raad van die NDBV. Foto: X

John Steenhuisen, die minister van landbou en landelike ontwikkeling, het advokaat Karrisha Pillay SC aangestel as die ministeriële afgevaardigde tot die nasionale raad van die Vereniging vir die voorkoming van wreedheid teenoor diere (NDBV).

Advokaat Pillay se teenwoordigheid word as noodsaaklik beskou vir die doeltreffende funksionering van die NDBV-raad en die bevordering van dierewelsyn in die land. Sy bring ’n enorme hoeveelheid ervaring, kundigheid en toewyding na die raad met ervaring van byna 24 jaar in die regspraktyk.

“Hierdie aanstelling is van uiterste belang, aangesien daar sedert die vorige afgevaardigde die departement verlaat het nog geen persoon in hierdie kritieke posisie aangestel was nie,” sê minister Steenhuisen. 

Advokaat Karrisha Pillay (SC) is aangestel as ministeriële afgevaardigde by NDBV. Foto: Mwangi Githahu

Advokaat Karrisha Pillay (SC) het gevorderde kwalifikasies in baanbrekerlitigasie in verskeie howe, ondervinding as regterlike kommissaris van die Wes-Kaapse hooggeregshof, sy was die ondervoorsitter van die Kaapse Balieraad en is ook die mederedakteur van Socio-Economic Rights in South Africa.

Deur haar jarelange diens in die howe, akademie en burgerlike samelewing weerspieël Advokaat Pillay se ondervinding ’n diepgaande verbintenis tot bevordering van grondwetlike demokrasie, sosiale geregtigheid en die gesag van die reg.

Minister Steenhuisen het groot vertroue in haar gesonde kundigheid wat sal verseker dat die NDBV-raad met die hoogste standaarde van goeie bestuur en regsgeldigheid gelei sal word.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.