On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Einde van 27 jaar lange reis by Vrystaat Landbou

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Mon, 08 Dec 2025

Einde van 27 jaar lange reis by Vrystaat Landbou | News Article
Johan van Graan het na 27 jaar diens by Vrystaat Landbou afgetree. Foto: Johan van Graan

’n Sewe-en-twintig jaar lange loopbaan het ten einde geloop vir ’n finansiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL).


Johann van Graan vertel hy was trots om deel van Vrystaat Landbou te wees. “Dis ’n dinamiese organisasie wat optree volgens die mandaat van sy lede.

“Ons jaarlikse kongres en die Jongboer van die Jaar-kompetisie, waarvan ek beoordelaar was, was besliste hoogtepunte. Ek is dankbaar dat ek mettertyd veranderinge in die finansiële stelsels kon aanbring.


“Min mense weet dat die radiostasie, Radio Hoogland, ook ’n produk van Vrystaat Landbou was, en ek is baie trots daarop,” vertel Van Graan. 

Van Graan het onder sewe presidente van Vrystaat Landbou gedien. Die projek wat VL begin het om georganiseerde landbou aan skole en universiteite bekend te stel, is goed ontvang en beslis ook ’n hoogtepunt.

Die grootste laagtepunt in sy loopbaan was die voortdurende afname van Vrystaat Landbou se ledetal, maar hy glo danksy die organisasie se planne, kan hulle dié probleem die hoof bied.

Tuinmaak en voëlboerdery

Van Graan noem dat hy nou gaan afskaal met die “syfers” en meer aandag aan tuinmaak gaan gee. Hy het ook ’n liefde vir krombekvoëls en bedryf ’n klein voëlboerdery. 

“Die beplanning is om in die toekoms te verhuis na die Wes-Kaap, waar my kinders en kleinkinders bly. Die kleinkinders is oupa en ouma se hart se punt.

“My grootste boodskap aan boere is om saam te staan, geniet wat jy doen, produseer vir die land. Ek is trots op julle.”

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za. 

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.