Offbeat
Weird Wide Web – Taalkennis is belangrik─── 15:15 Mon, 13 Nov 2023

Kommunikasie is oral in die wêreld die sleutel, maar soms is die taalversperring geneig om 'n probleem te wees. Daarom is dit belangrik om meer as 1 taal te probeer leer.
Byna almal wat ’n nuwe taal aanleer, kan vertel van die verleentheid toe hulle woorde verwar het. Dit behoort natuurlik nie regtig ’n verleentheid te wees nie, want ons maak almal foute terwyl ons leer. Gewoonlik veroorsaak hierdie foute net ’n bietjie verwarring.
Maar ’n toeris in Portugal moes onlangs leer ’n klein foutjie kan ’n mens diep in die moeilikheid laat beland! Volgens The Telegraph het ’n Russiessprekende Azerbaijani ’n restaurant in Lissabon besoek toe hy granaatsap wou bestel.
Die man, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het ’n vertaal-app gebruik om hom te help en sy bestelling op ’n servet geskryf om vir die kelner te wys. Maar pleks van om die Portugese woord vir die vrug “granaat” te skryf, het hy die woord vir “(hand)granaat” geskryf.
Die kelner het gedink die man dreig dat hy ’n granaat het en die polisie ontbied.
Foto’s in die plaaslike media wys hoe die man buite die restaurant op die grond lê met vyf polisiebeamptes om hom wat hom later geboei het. Maar nadat die polisie met die man in die polisiekantoor gepraat en sy hotelkamer en die restaurant deursoek het, is hy vrygelaat.
Volgens The Independent is daar dalk ’n goeie rede vir die man se verwarring. In Russies is die woorde vir “granaat” en “(hand)granaat” amper dieselfde: granaat (??????) en granata (???????). In Portugees was die woord wat die toeris wou hê “romã”, en nie die een wat hy geskryf het nie: “grenada”.
Hy wil dalk liewer volgende keer lemoensap bestel!