OFM Nights
Klanktoets: Emile Welman stel nuwe enkelsnit en musiekvideo vry─── 11:05 Fri, 02 Jul 2021
OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Emile Welman oor sy jongste enkelsnit asook die musiekvideo vir hierdie liedjie. Luister na die potgooi hieronder.
Die vyf-en-dertigjarige sanger en liedjieskrywer, Emile Welman, wat in Pretoria gebore is en tans in Kalifornië woon is geen gewone kunstenaar is nie.
LEES OOK: William Wolf se 'Liefde Gemaak'
Loer jy so bietjie na sy Instagram-profiel kom jy baie vinnig agter hierdie “crooner” braai saam met Clint Eastwood, kuier by Charlize Theron en hang uit saam met ’n rits ander internasionale bekendes.
Dié Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en komponis, het onlangs sy eerste Afrikaanse solo-enkelsnit, SPROKIESLAND, vrygestel en hiervoor het hy spesiaal Suid-Afrika toe gereis.
Renaldo Schwarp gesels met Emile oor die liedjie en die musiekvideo wat in Suid-Afrika opgeneem is. Luister hieronder na die potgooi.
Klanktoets: Emile Welman stel nuwe enkelsnit, 'SPROKIESLAND' vry:
