On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

OFM Nights

LUISTER: Elsabé Daneel oor die tweede seisoen van 'Alles Malan'

───   12:28 Fri, 10 Dec 2021

LUISTER: Elsabé  Daneel oor die tweede seisoen van 'Alles Malan' | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met veteraan-akteur, Elsabé Daneel oor die tweede seIsoen van die gewilde kykNET-reeks, 'Alles Malan'. Luister na die potgooi hieronder.

Dit voel soos familie wat terugkeer ná ’n lang vakansie.

 ’n Blye weersiens van geliefdes. Toe die laaste episode van die eerste reeks van 'Alles Malan' in 2019 uitgesaai is, het kykers immers reeds gesê: Ons is lank nog nie klaar gekuier by die Malans nie.

LEES OOK: Nuwe VIA TV dokkie deel stories van inspirasie

Die goeie nuus is dat die tweede seisoen van 'Alles Malan' terug op die kassie is.

Al die gewilde karakters is terug, maar soos met alle goeie familiedramas, is daar meer as genoeg kinkels in die kabel om kykers vir dertien episodes vasgenael te hou.

Veteraan-akteurs Albert Maritz en Elsabé Daneel is weer te sien as Derik en Brenda Malan. Ivan Zimmermann is die oudste seun Frik en Nadia Valvekens is sy vrou, Tessa. Hulle twee kinders, Elani en Freek, word onderskeidelik deur Greteli Fincham en Mateo Olivier gespeel.


Sean-Marco Vorster is die jonger Malan-seun Nico en sy vrou, Lee-Anne, word vertolk deur Nicole Fortuin.

Alles Malan word Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.