On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Podcasts

PODCAST: Vrystaatse grondbesetters voor hof

───   12:57 Mon, 20 Aug 2018

PODCAST: Vrystaatse grondbesetters voor hof | News Article
Dan Kriek

'n Groep vermeende grondbesetters sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Harrismith in die Vrystaat verskyn op aanklagte van betreding.


Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, het aan OFM-nuus gesê 'n groep mense het Saterdag op 'n plaas buite Harrismith opgedaag. Intussen sê die provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus, Jan van Niekerk, wat ook in dié gebied boer, dié groep mense het op die plaas tussen Harrismith en Eram op die N3, met pikke en grawe opgedaag. Hulle het glo 'n klipmurasie op die plaas begin afbreek en erwe met dié klippe uitgelê. Van Niekerk het die polisie en boere se spoedige optrede geloof. Die polisie monitor die situasie. OFM-nuus is in besit van die plaaseienaar se identiteit maar weerhou dit weens die sensitiewe aard van die voorval.

'n Afvaardiging van Agri SA en ander betrokkenes sal na verwagting Dinsdag met adjunkpresident, David Mabusa, en die tesourier-generaal van die ANC, Paul Mashatile, vergader. Agri SA se president, Dan Kriek, sê aan OFM-nuus dit kom nadat Mabusa na georganiseerde landbou uitgereik het om te vergader. Kriek sê die gronddebat, en meer spesifiek onteiening sonder vergoeding, sal sekerlik onder die loep kom. Kriek het verlede week op Vrystaat Landbou se jaarkongres aangekondig dat Agri SA deur die regering genader is om met georganiseerde landbou besprekings te voer. Kriek het ook gesê 'n amptelike uitnodiging deur die ANC vanuit Luthuli-huis, is aan Agri SA gerig om met georganiseerde landbou en met boere op grondvlak te vergader. Hy het aan OFM-nuus gesê Agri SA het dié uitnodiging deur die ANC se adjunk-sekretaris generaal, Jesse Duartem, met ope arms aanvaar. 'n Datum vir dié vergadering is egter nog nie vasgestel nie.

EN

Medelye stroom in vir Agri Noord-Kaap se president, Henk van Wyk, wat dié naweek in die ouderdom van 60 aan vermoedelik 'n hartaanval oorlede is. Agri Noord-Kaap se uitvoerende hoof, Henning Myburgh, sê Van Wyk, 'n vooraanstaande dorper-teler, was Saterdagmiddag omstreeks 14:00 op sy plaas in die Calvinia-gebied op die Ceres-pad by die Hantamberge. Hy het sleg gevoel en op sy bed gaan lê. Volgens hom is Van Wyk se afsterwe 'n groot verlies vir dié bedryf. Van Wyk was sedert 2011 president van Agri Noord-Kaap. Myburgh sê nog geen begrafnisreëlings is bekend nie.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.