On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

#FSSopa: Premier se landbouboodskap stel DA teleur

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:28 Fri, 28 Feb 2020

#FSSopa: Premier se landbouboodskap stel DA teleur | News Article
FOTO: OFM

Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, het die landboubedryf, wat ‘n belangrike ekonomiese rol in die Vrystaat speel, ietwat afgeskeep in haar provinsiale rede tydens die opening van die Vrystaatse Wetgewer vandeesweek.


Dít is volgens Roy Jankielsohn, DA-leier in die provinsiale Wetgewer, wat sê Ntombela het ‘n vervelige toespraak gelewer wat na verwagting nie talle belangrike kwessies, veral in landbou, aangespreek het nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Jankielsohn sê Ntombela se verwysing na die Agriparke-konsep is ‘n nasionale inisiatief en daar is nog nie veel verwikkelinge rondom dit op grondvlak nie. Dit is ‘n teorietese konsep en duidelikheid is nodig oor hoe dit prakties ingestel gaan word. Hy meen dié konsep is nie volhoubaar nie, en is nog ‘n plan van die regering om landbou te bevorder. Dit het dalk elders gewerk, maar die konsep is nie geskik vir Suid-Afrikaanse omstandighede nie.

Ntombela het ook oor ‘n ontwikkelingsprojek met bokke in die Mafube-munisipaliteit gepraat. Altesaam vyf jongmense word gefinansier, terwyl tien ander mense uitgewys is om opleiding te ontvang om met bokke te boer. Jankielsohn sê daar is nie duidelikheid oor die doel van dié projek en wat die provinsiale regering daarmee wil bereik nie.

Hy beklemtoon egter die feit dat, volgens die DA, daar geen landbouprojek in die Vrystaat is wat suksesvol en volhoubaar is nie. Jankielsohn meen Ntombela probeer met landbouprojekte ‘n mate van afhanklikheid van die staat skep en sodra die staat ophou om geld daarvoor te verskaf, val die projekte plat. Die Vrede-suiwelprojek is 'n voorbeeld daarvan. Dit is onaanvaarbaar dat die provinsiale regering steeds R20 miljoen jaarliks bestee aan dié projek wat na baie jare steeds nie volhoubaar is nie, terwyl daar voorheen slegs 'n paar maatskappy was wat geld ontvang het en die begunstigdes agterweë gelaat is. 

Jankielsohn sê Ntombela se aankondiging dat staatsgrond in munisipaliteite beskikbaar is vir behuisingsdoeleindes, is goed maar dit moet in ag geneem word dat in die hele onteieningsdebat is daar ‘n groot fokus op landbou en die gemiddelde mens wil nie noodwendig boer nie. Hy sê Ntombela se aankondiging dat daar plase in dié provinsie beskikbaar is, wat deur die staat besit word en eerste uitgedeel gaan word om grondhervorming te bespoedig, dui daarop dat die Vrystaatse regering onteiening sonder vergoeding ondersteun. Die konsep kan egter ‘n geweldige groot implikasie inhou vir die landboubedryf in geheel, maar ook vir die provinsie.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.