On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbouweekblad se herlewingslandbou-konferensies fokus op vooruitgang

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:59 Mon, 09 Mar 2020

Landbouweekblad se herlewingslandbou-konferensies fokus op vooruitgang | News Article

Landbouweekblad se herlewingslandbou-konferensies, wat eersdaags plaasvind, beloof om 'n waardevolle ervaring vir boere te wees ten opsigte van goedkoper en meer volhoubare boerderypraktyke.


Wêreldklas-sprekers en verskeie boerepanele gaan 'n bydrae lewer en prakties demonstreer hoe om 'n hoopvolle benadering tot boerdery. Chris Burgess, redakteur van dié landboutydskrif, sê drie konferensies word eersdaags in onderskeidelik Reitz in die Vrystaat, Ottosdal in Noordwes, en Somerset-Wes in die Wes-Kaap aangebied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Burgess gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié insiggewende konferensies fokus op die vrugbaarheid van grond en die gebruik van dekgewasse. Dit fokus op die toepassing van bewaringsbewerking, terwyl 'n veekomponent ook aanwesig moet wees. By die konferensie in Reitz word daar onder meer gefokus op die toepassing van ultrahoëdruk weiding. Dr Kris Nichols, 'n grondmikrobioloog, is die hoofspreker op dag een van die Reitz-konferensie en hy gaan praat oor die rol en funksie van grondmikrobes en herlewingslandbou om gesonde grond, plante en mense te skep. Prof. Eric Holm, van ZZ2 in Limpopo, kyk na die sielkunde van verandering en hoekom boere sukkel om boerderystelsels te verander.  Izak Dreyer, 'n boer van Vrede, praat oor hoe 'n boer se finansies daarna uitsien wat herlewingslandbou betref.  Dr. Jonathan Lundgren van die Blue Dasher-plaas by Suid-Dakota in Amerika praat oor hoe biodiversiteit en landbou saamwerk om 'n plaas te laat herleef.

Dinsdag praat dr. Peter Johnston, 'n klimaatwetenskaplike van die Universiteit van Kaapstad oor gesonde grond as 'n oplossing vir 'n gebroke klimaat en watersiklus. Daar is ook 'n boerepaneel wat gelei word deur dr. Hendrik Smith van Graan SA. Dit gaan handel oor van konvensionele bewerking tot herlewingslandbou.

Dit was Chris Burgess, redakteur van die tydskryf Landbouweekblad, slegs op Before Dawn. Die konferensie in Reitz by die VKB-feesgrond is op 16 en 17 Maart, gevolg deur die Ottosdal-konferensie by die plaaslike skougronde op 18 en 19 Maart. Die Somerset-Wes-konferensie is op 24 Maart by die Lord Charles Hotel. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Quicket. Koste is R1000 per persoon. Belangstellendes kan Landbouweekblad ook bel.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.