On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

#OwnYourLife: Verkeerde inligting bedreiging vir inentings

───   BLAINE JONES 08:20 Wed, 29 Sep 2021

#OwnYourLife: Verkeerde inligting bedreiging vir inentings | News Article
Cloete van Vuuren

Een van die grootste uitdagings wat inentings betref, is verkeerde inligting.


Dit is volgens infeksiesiekte-spesialis en hoof van interne geneeskunde by 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, dr Cloete van Vuuren. Al het Suid-Afrika op 17 Februarie vanjaar sy nasionale inentingsprogram teen Covid-19 begin het, is mense steeds geneig om nie ingeënt te word nie. Van Vuuren sê dat die verspreiding van verkeerde inligting bydra tot die twyfel en vrees van inentings en mense huiwerig maak om die inenting te kry.

Van Vuuren sê verder toe inentings aan Suid-Afrika bekendgestel was, het mense die regering 'n moeilike tyd gegee weens die vertraging van toediening en beskikbaarheid van inentings. Hy sê daar is tans meer as genoeg inentings in Suid-Afrika beskikbaar.

“Op die ou einde het ons op die oomblik ‘n baie envoudige en veilige oplossing wat ons net moet implementeer in die vorm van die entstof. Met al die verkeerde inligting wat teen ‘n verstommende spoed versprei, dink ek dit is maar mense se behoefte om beheer te hê oor ‘n onbekende ding, en dit maak dat mense nie dit wil vat nie,” sê Van Vuuren.

LUISTER HIER: #OwnYourLife: Bloem spesialis beantwoord Covid-19 inentingsvrae

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.