On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Veiligheid belangrik vir Graan SA tydens vanjaar se NAMPO Oesdag

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 26 Apr 2022

Veiligheid belangrik vir Graan SA tydens vanjaar se NAMPO Oesdag | News Article
FOTO: Grain SA/Twitter

Die veiligheid van besoekers, uitstallers en personeel is vir Graan SA belangrik gedurende vanjaar se NAMPO Oesdag, wat vanaf 16 tot 20 Mei op NAMPO Park in Bothaville gaan plaasvind.

Dit is volgens Pieter Taljaard, die hoof uitvoerende beampte van Graan SA. Taljaard sê dit is noodsaaklik om aan die Covid-19 regulasies, wat in plek gestel is deur die regering, te voldoen om te verhoed dat die virus nie by groot byeenkomste soos skoue versprei nie. 

Maar hy is hoopvol dat regulasies voor 16 Mei verslap sal word. 

Sien onderstaande PODCAST

Graan SA het  kommentaar teen die voorgestelde Covid-19-beleid gelewer, wat tot 24 April oop was vir die publiek se insae, en die afskaffing van reëls op geleenthede in die buitelug versoek.

LEES OOK: Kom “Beleef dit!” by vanjaar se NAMPO Oesdag

OFM-nuus het vroeër berig dat verskeie buitelug-byeenkomste, veral skoue, sportbyeenkomste en konserte almal die huidige Covid-regulasies moet volg, wat deur die regering in plek gestel is om die verspreiding daarvan te verhoed. Hierdie regulasies sluit in die verskaffing van inentingsertifikate óf 'n negatiewe Covid-19 toets, wat nie ouer as 72-uur is nie.

Taljaard sê aan OFM-nuus die NAMPO Oesdag moet aan die regulasies voldoen en kan nie daarvan afwyk nie, anders sal die lang verwagte byeenkoms nie aangebied kan word nie.

LEES OOK: Nampo ALFA skop in September af

Graan SA het die volgende feite bekend gemaak:

  • Huidige wetgewing vereis geen toegangsvereiste vir byeenkomste as daar slegs 1 000 mense binnenshuis of maksimum 2 000 mense buite op ‘n slag toegelaat word nie. Onder hierdie reël kan ander skoue of byeenkomste dit regkry om voort te gaan. Hulle kan segmenteer en die gemiddelde besoektyd is kort, wat meer rotasie van besoekers moontlik maak op kapasiteit, soos bv. Huntex, die 4x4-skou, Kragdag, ensomeer.
  • NAMPO kry ongeveer 20 000 besoekers per dag oor 40 hektaar, met ongeveer 760 uitstallers en hul personeel op NAMPO Park. Die gemiddelde besoeker spandeer meer as 7 ure op NAMPO. Om NAMPO te segmenteer en te beperk tot 2 000 mense op ‘n slag is bloot nie moontlik nie.
  • Vir NAMPO om ekonomies voordelig vir uitstallers te wees, moet daar soveel as moontlik besoekers toegelaat word. Uitstallers investeer baie moeite, tyd en geld aan hul uitstallings en dit sal onregverdig wees om slegs 2 000 besoekers op die park toe te laat.
  • NAMPO moet jaarliks aansoek doen vir 'n veiligheidsertifikaat op provinsiale en nou onlangs nasionale vlak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sowel as by die Verkeersdepartement op munisipale vlak. Tesame daarmee moes 'n Covid-19 plan ingedien word en tydens NAMPO moet daar ook 'n Generaal van die Provinsiale Polisie teenwoordig wees – soos elke jaar. Die jaar ook spesifiek ‘n Covid-19 beampte.
  • Gegewe dit, moet NAMPO aan regulasies voldoen en kan nie daarvan afwyk nie. Die regulasies waaronder NAMPO tans val vir sy aansoek van 50% kapasiteit is:
    • Inentingsertifikaat óf 72-uur negatiewe Covid-19 toets.
    • Slegs 50% van 'n perseel se kapasiteit mag toegelaat word indien meer as 2 000 buite en 1 000 mense binne.

"Dit is nie Graan SA of NAMPO se beleid nie, maar wel die regeringsbeleid wat in die Staatskoerant gepubliseer is," sê Taljaard.

Hy voeg verder in 'n verklaring by dat Graan SA geen Covid-19 toelatingsvereistes sal stel, as dit nie deur wetgewing vereis word nie.

Kaartjies is by Ticketpro beskikbaar.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.