Agri Hour
Agri SA sê openbare verhore oor wysing van Artikel 25 van grondwet 'n reuse taak─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:19 Mon, 25 Jun 2018

Die Grondwethersieningskomitee se eerste openbare verhore oor die moontlike wysiging van die Grondwet wat die regering in staat stel om eiendom sonder vergoeding te onteien, begin môre in Springbok in die Noord-Kaap.
Die komitee het verlede week sy finale reëlings rondom die openbare verhore bekendgemaak. Agri SA se Annelize Crosby sê die ad hoc-komitee wat uiteindelik ‘n belangrike rol in die besluit oor die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet gaan speel, het die publiek goed ingelig oor die proses, maar daar is uitdagings.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Crosby gepraat...
Die verhore vind môre in die Concordia-saal in Springbok, Noord-Kaap, plaas. Dit begin om 11:00 en duur tot 16:00. Hier is die volledige skedule:
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk met jou landbounuus op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus