On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

NK begin nuwe jaar met wydverspreide reën

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 05 Jan 2021

NK begin nuwe jaar met wydverspreide reën | News Article

Agri Noord-Kaap is dankbaar vir wydverspreide reënval in die provinsie.


Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê inwoners deel graag videos van strome en riviere ná goeie reënval. Hy deel dat alhoewel die reën in die noordelike en oostelike dele van die provinsie voorkom, is daar steeds dele van die provinsie wat nog nie reën gekry het nie. Hier is Jansen…

Sien onderstaande PODCAST

Jansen verduidelik dat die reënval steeds in die noordelike gedeeltes van die provinsie voorkom, maar dat dorpe soos Kenhardt, wat geraak word deur droogte, ook reën gekry het. Hy voeg by dat reënval egter nog skaars is suid van Kenhardt in die rigting van Brandvlei, en indien daar wel reën voorkom is lae neerslae aangeteken.

Verder het dele van Upington en Kakamas goeie reënval ervaar. Jansen sê dorpe soos Aggeneys en Springbok het egter nog nie reën gekry nie. Daarmee saam het die hele Boesmanlandstreek nog geen reën gehad nie.

“Ons is baie dankbaar dat Prieska, Marydale tot by Kenhardt wel goeie reën begin kry sodat die [droogte]kol begin kleiner word. Ons hou nog baie styf duim vas vir die res van die week waar die [reën]voorspellings baie goed is dat hierdie sentrale gedeelte van Brandvlei af na Louriesfontein toe – die Carnarvon-, Williston- en Frazerburg-dele en dan ook die somer dele van Calvinia – nog goeie reën sal kry die res van die week wat voorlê,” sluit Jansen af.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.