At Lunch
Strikdas – ? familie gedoente verdien tydens sy openingsnaweek meer as R1,2 miljoen by die loket.─── 13:20 Fri, 10 Apr 2015

Die Afrikaanse rolprent Strikdas wat tydens die Paasnaweek op die grootskerm begin draai het, het tydens sy openingsnaweek meer as R1,2 miljoen by die loket verdien.
Volgens een van die vervaardigers en medeskrywers van die fliek, Stefan Enslin, is hulle in hul noppies oor die publiek se positiewe reaksie. “Ons het ook sosiale media dopgehou om die terugvoer te monitor en almal wat dit gesien het is gek oor hoe die fliek hulle laat lag.
Mense het veral gehou daarvan dat jy dit saam met die hele gesin kan geniet,” het Stefan gesê.
Bekendes soos Albert Maritz, Susanne Beyers, Gys de Villiers, Elsabé Daneel, Leandie du Randt en Kaz McFadden is in dié fliek te sien.
