On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Suid-Afrika is gasheer van die gewilde internasionale Ensminger-varksimposium

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:40 Wed, 27 Feb 2019

Suid-Afrika is gasheer van die gewilde internasionale Ensminger-varksimposium   | News Article

Die Suid-Afrikaanse varkbedryf kan hom regmaak vir die internasionale Ensminger-varksimposium wat, sedert sy 50-jarige bestaan, die eerste keer op die Afrika-kontinent aangebied sal word.


Suid-Afrika is vanjaar die gasheer van dié simposium, wat van 22 tot 23 Mei in die Oos-Rand plaasvind. Dié simposium is jaarliks oor die wêreld heen 'n hoogtepunt op boere, navorsers en verskaffers se kalender.

Dit is na die landboukundige navorser en skrywer, prof. M.E. Ensminger, vernoem en word deur die Iowa-staatsuniversiteit en die Varktelersgenootskap van Suid-Afrika aangebied. Die simposium word ook deur die Vereniging van Veevoervervaardigers (Afma) en die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (Savpo) ondersteun. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Dr. Danie Visser, 'n veekundige genetikus in die teling en genetika van varke, asook die direkteur van Juventis, gepraat.



Dit was dr. Danie Visser, ‘n veekundige genetikus in die teling en genetika van varke en die direkteur van Juventis. 

Vir meer inligting oor die symposium besoek www.ensmingersymposium.co.za.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.