Agri Hour
Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:19 Fri, 22 Mar 2019
OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat met Chris Derksen oor die pryse wat behaal is vir lewende hawe op veilings.
Derksen versprei weekliks dié pryse sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om ingeligte besluite te neem met die verkoop of aankoop van lewende hawe. Boere kan dié inligting gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere op 'n veiling kan behaal. Dit dui ook aan wat kopers bereid is om vir diere te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Dit was Chris Derksen, wat die veilingspryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus